Li Keqiang

Premier van die Volksrepubliek van China van 2013 tot 2023

Li Keqiang (Mandaryns: 李克强; pinyin: Lǐ Kèqiáng) (Hefei, Anhui, 1 Julie 1955Shanghai, 27 Oktober 2023) was 'n Chinese politikus wat tussen 15 Maart 2013 en 11 Maart 2023 as die premier van die Volksrepubliek China gedien het.

Li Keqiang
Li Keqiang
Li in 2015

7de Premier van die Volksrepubliek China
Ampstermyn
15 Maart 2013 – 11 Maart 2023
PresidentXi Jinping
Voorafgegaan deurWen Jiabao
Opgevolg deurLi Qiang

Eerste adjunkpremier van die Volksrepubliek China
Ampstermyn
17 Maart 2008 – 15 Maart 2023
PremierWen Jiabao
Voorafgegaan deurWu Yi (waarnemend)
Opgevolg deurZhang Gaoli

Persoonlike besonderhede
GeboreLi Keqiang
1 Julie 1955
Hefei, Anhui, Volksrepubliek China
Sterf27 Oktober 2023 (op 68)
Shanghai, Volksrepubliek
Politieke partyKommunistiese Party van China
Eggenoot/-noteCheng Hong
Kind(ers)1
Alma materUniversiteit van Beijing
Handtekening

Studieloopbaan

Li is as die seun van 'n munisipale beampte van Hefei gebore.[1]

Li het in 1974 tydens die Kulturele Rewolusie aan die hoërskool in Hefei gegradueer en is na die landelike gebiede in Fengyang in dieselfde provinsie gestuur om in die platteland te gaan werk. Daar word hy uiteindelik lid van die Kommunistiese Party van China en word hy partyleier van die plaaslike produksiespan. Hy het 'n toekenning ontvang vir sy studie van Maoïsme.[2]

Li het die aanbod van sy vader van die hand gewys om hom voor te berei op die plaaslike leierskap van die party en het regte aan die Universiteit van Beijing gaan studeer, waar hy sy LLB-graad verwerf het.[3] Hy het die president van die studenteraad van die universiteit geword, en in 1995 'n PhD in ekonomie verwerf, met die prominente ekonoom Li Yining (wat nie familie is nie) as doktorale adviseur. Sy proefskrif is bekroon met die Sun-Yefang-prys, die hoogste prys in China in die ekonomie.[4]

Politieke loopbaan

Li was van 2008 tot 2013 vise-premier van die Volksrepubliek China onder leiding van president Hu Jintao.

Li Keqiang is op 15 Maart 2013 deur die Nasionale Volkskongres tot premier verkies.[5] Xi Jinping is op dieselfde kongres tot president verkies. Li vervang toe premier Wen Jiabao, wat uitgetree het nadat hy twee termyne gedien het. Van die byna 3 000 lede wat op die kongres gestem het, was 2 940 ten gunste van Li, slegs drie teen en ses het buite stemming gebly. Hy is vir 'n termyn van vyf jaar verkies. Hy is in 2018 herverkies. Op 11 Maart 2022 het hy aangekondig dat hy vir nie herverkiesing as premier staan nie.[6] Li is op 11 Maart 2023 deur Li Qiang opgevolg.

Oorlede

Li is op 27 Oktober 2023 aan 'n hartaanval in Shanghai oorlede.[7]

Buitelandse beleid

Li Keqiang het op 18 Mei 2013 sy eerste staatsbesoek aan die naburige Indië afgelê weens 'n poging om grensgeskille op te los en ekonomiese betrekkinge te bevorder. Hy het gesê dat Indië se keuse vir sy eerste staatsbesoek die belangrikheid van China se politieke betrekkinge met Indië beklemtoon.[8]

Tydens sy besoek aan Pakistan het Li met leiers van daardie land vergader en gesê: "As die beste vriend en broer van Pakistan wil ons soveel hulp bied as wat ons kan."[9]

Li het ook Switserland en Duitsland besoek op sy eerste reis na die Europese Unie en het die regeringshoofde van albei lande ontmoet.[10]

Verwysings

Eksterne skakels

Notas