Ligbesoedeling

Ligbesoedeling is die verhoogde helderheid van die nagtelike omgewing deur die gebruik van kunsmatige lig. Dit kan nadelige gevolge inhou vir mense, diere, ruimteverkenning en die ekologie.

’n Satellietfoto van Parys wat in die nag geneem is.
’n Vergelyking van ’n deel van die naghemel wat in ’n plattelandse gebied (bo) en in die stad geneem is.

Na- en voordele

Ligbesoedeling is ’n redelik onlangse verskynsel. Die oorvloedige verligting van geboue, strate en ander voorwerpe kan die biologiese ritme van mense en diere versteur en baie geld vermors. Plante se groeiwyse word ook beïnvloed en dit kan die verkenning van die ruimte op sommige plekke feitlik onmoontlik maak. Die oorverligting van paaie kan motoriste verblind.

Voordele vir die mens is onder meer die gevoel van veiligheid wat dit skep en dat dit ’n 24-uur-ekonomie moontlik maak.

Eksterne skakels