Lockheed Martin F-22 Raptor

Stealth Aircraft ontwikkel deur Lockheed Martin en Boeing

Die Lockheed Martin F-22 Raptor is 'n enkelsitplek, tweeling-enjin, taktiese vegvliegtuig met 'n hoë verrassingselement ("stealth") ontwikkel vir die Amerikaanse Lugmag (USAF). Na aanleiding van die USAF se Gevorderde taktiese vegvliegtuigprogram, is die vliegtuig hoofsaaklik ontwerp as 'n lugsuperioriteitsvegter, maar het bykomende vermoëns insluitende grondaanval, elektroniese oorlogvoering, en seinintelligensierolle.[4] Lockheed Martin is die hoofkontrakteur en is verantwoordelik vir die meeste van die lugraam, wapenstelsels, en finale montering van die F-22, terwyl programvennoot Boeing die vlerke, agterromp, avionikaïntegrasie, en opleidingstelsels verskaf.

F-22 Raptor

P-38 Lightning · P-80 Shooting Star · F-22 Raptor · F-35 Lightning II

'n F-22 vlieg oor Andrews Lugmagbasis.
TipeVegvliegtuig
VervaardigerLockheed Martin Skunk Works
Boeing
Nooiensvlug7 September 1997
Vrygestel15 Desember 2005
StatusIn gebruik
HoofgebruikerAmerikaanse Lugmag
Aantal gebou195[1]
ProgramkosteVS$66.7 miljard[2]
EenheidskosteVS$150 miljoen (2009)[3]
Ontwikkel vanLockheed YF-22
WeergawesLockheed Martin X-44 MANTA
Lockheed Martin FB-22

Die vliegtuig is amptelik in diens gestel in Desember 2005 as die F-22A. Ten spyte van uitgerekte ontwikkeling, sowel as operasionele kwessies, het die USAF die F-22 oorweeg as 'n belangrike komponent van sy taktiese lugslaankrag, en beweer dat die vliegtuig ongeëwenaard is deur enige bekende of geprojekteerde vegter.[5] Die Raptor se kombinasie van sy verrassingselement ("stealth"), aerodinamiese prestasie, en situasiebewustheid gee die vliegtuig ongekende lug-tot-lug vermoëns.[6] Hooflugmaarskalk Angus Houston, voormalige hoof van die Australiese Weermag, het in 2004 beweer dat "die F-22 die mees uitstaande vegvliegtuig ooit gebou sal wees."[7]

Die hoë koste van die vliegtuig, 'n gebrek aan duidelike lug-tot-lug missies weens vertragings in die Russiese en Chinese vegterprogramme, 'n verbod op uitvoere, en die ontwikkeling van die veelsydiger en goedkoper Lockheed Martin F-35 Lightning II het gelei tot die staking van F-22-produksie.[8] 'n Finale verkrygingsbehoefte van 187 operasionele produksievliegtuie is in 2009 verklaar en die laaste F-22 is in 2012 aan die Amerikaanse Lugmag gelewer.

Sien ook

Eksterne skakels

Verwysings

Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.