Markus Aurelius

Marcus Aurelius Antoninus (26 April 121 – 17 Maart 180) was 'n Romeinse keiser vanaf 161 tot 180. Hy het saam met Lucius Verus as mede-keiser regeer vanaf 161 tot Verus se dood in 169 en saam met Commodus vanaf 177 tot en met sy dood in 180.[1]

Markus Aurelius
16de Keiser van die Romeinse Ryk
Borsbeeld van Markus Aurelius.
Borsbeeld van Markus Aurelius.
Regeer8 Maart 161 - 169 (met Lucius Verus)
169 - 177 (alleen)
177 - Maart 180 (met Commodus)
Volle naamMarcus Aelius Aurelius Verus Caesar
Gebore26 April 121; Rome, Romeinse Ryk
Oorlede17 Maart 180; Vindobona of Sirmium (op 58)
BegraweMausoleum van Hadrian, Rome
VoorgangerAntoninus Pius
OpvolgerCommodus (alleen)
Adellike huisNerva-Antonynse dinastie
VaderMarcus Annius Verus
MoederDomitia Lucilla
EggenootFaustina die jongere
Kinders13 (Commodus
Marcus Annius Verus
Antoninus
Lucilla)

In die 170s n.C. het die Romeinse keiser Marcus Aurelius twaalf 'boeke' van morele aforismes in Grieks neergepen. Hierdie sogenaamde Meditasies bied 'n uitdaging aan die vertaler weens die onewe aard van die materiaal - soms staccato, soms ietwat warrig; soms filosofies-teoreties, dan weer prakties.[2]

Aurelius se Meditasies is direk uit die Grieks na Afrikaans vertaal deur Francois Bredenkamp, 'n klassikus verbonde aan die TUT, en in 2007 is die boek deur Protea Boekhuis uitgegee.

Bibliografie

  • Swart, Marius J.: Raar leiers. Stellenbosch: U.U.B., 1967.

Sien ook

Verwysings