Masedoniërs

Hierdie artikel handel oor die etniese groep. Vir die taal, sien Masedonies. Moenie verwar word met antieke Masedoniërs of Griekse Masedoniërs nie.

Die Masedoniërs (Masedonies: Македонци Makedonci), soms ook Masedoniese Slawiërs[36][37] of Slawiese Masedoniërs[38] genoem, is 'n Slawiese nasie en etniese groep inheems aan Noord-Masedonië en aangrensende lande van die Balkanskiereiland, wat Masedonies, 'n Suid-Slawiese taal, as moedertaal praat. Hulle vorm die titulêre nasie van Noord-Masedonië en maak volgens die laaste sensus van 2002 omtrent 64% van dié land se bevolking uit. Naas Masedoniërs woon nog sowat 510 000 Albanese (25%) in Noord-Masedonië.

Masedoniërs

Totale bevolking:ca. 2–2,2 miljoen[1]
Belangrike bevolkings  in:Flag of the Republic of Macedonia Noord-Masedonië ~1,3 miljoen[2]

Vlag van Italië Italië 92 847[3]
Vlag van Australië Australië 83 978–200 000[4][5]
Vlag van Duitsland Duitsland 62 295–85 000[5][6]
Vlag van Switserland Switserland 61 304–63 000[5][7]
Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State 55 721[8]
Vlag van Brasilië Brasilië 45 000[1]
Vlag van Kanada Kanada 37 055–200 000[9][10]
Vlag van Turkye Turkye 31 518[11]
Vlag van Argentinië Argentinië 30 000[1]
Vlag van Serwië Serwië 22 755[12]
Vlag van Oostenryk Oostenryk 20 852[5][13]
Flag of the Czech Republic Tsjeggië 11 623[14]
Vlag van Nederland Nederland 10 000–15 000[5]
Vlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk 9 000[5]
Vlag van Hongarye Hongarye 7 253[14]
Vlag van Albanië Albanië 5 512[15]
Vlag van Griekeland Griekeland 5 000–10 000[16][17]
Vlag van Slowakye Slowakye 4 600[18]
Vlag van Swede Swede 4 491[19]
Vlag van Kroasië Kroasië 4 138[20]
Vlag van Slowenië Slowenië 3 972[21]
Vlag van België België 3 419[22]
Vlag van Denemarke Denemarke 3 349–12 000[5][23]
Vlag van Noorweë Noorweë 3 045[24]
Vlag van Frankryk Frankryk 2 300–15 000[25][26]
Vlag van Bosnië en Herzegowina Bosnië en Herzegowina 2 278[27]
Vlag van Pole Pole 2 000–4 500[28][29]
Vlag van Bulgarye Bulgarye 1 654[30]
Vlag van Roemenië Roemenië 1 264[31]
Vlag van Montenegro Montenegro 900[32]
Vlag van Rusland Rusland 325–1 000[28][33]

Taal:Masedonies
Geloofsoortuiging:Hoofsaaklik Oosters-Ortodokse Kerk (Masedonies-Ortodokse Kerk), minderheid Islam
Verwante etniese groepe:Ander Suid-Slawiese volke soos Bosniake, Bulgare, Kroate, Montenegryne, Serwiërs en Slowene[34]
Vlag van die Masedoniërs[35]

Wêreldwyd is daar tussen 2 en 2,2 miljoen Masedoniërs, waarvan sowat 1,3 miljoen in Noord-Masedonië. Daarbenewens vorm Masedoniërs belangrike minderhede in Albanië, Bulgarye, Griekeland en Serwië.

Soms beskou Masedoniërs hulself as afstammelinge van die antieke Masedoniërs, hoewel hierdie feit nie wetenskaplik bewys kan word nie.[39][40]

Verwysings

Eksterne skakels