Maupiti

Maupiti is ’n klein atol in die Benedewindse Eilande van die Geselskapseilande in Frans-Polinesië, ’n Franse oorsese gebied in die Stille Oseaan. Dit het ’n vulkaaneiland in die middel en het 1 200 bewoners wat in ’n gebied van 11 km2 woon.

Maupiti
Maupiti uit die lug gesien.
Maupiti uit die lug gesien.
Geografie

LiggingStille Oseaan
Koördinate16°26′24.3″S 152°16′27.3″W / 16.440083°S 152.274250°W / -16.440083; -152.274250 152°16′27.3″W / 16.440083°S 152.274250°W / -16.440083; -152.274250
ArgipelGeselskapseilande

Hoogste punt380 m
Administrasie
Sien teks.
Oorsese gebiedFrans-Polinesië

Demografie
Bevolking1 200

Ligging in die Geselskapseilande.

Geografie

Maupiti lê in die westelike Benedewindse Eilande en is die mees westelik geleë vulkaaneiland van die Geselskapseilande. Dit is 40 km wes van Bora Bora. Die sentrale eiland het ’n hoë piek van 380 m. Die strandmeer het groot, plat koraaleilande in die noorde en twee klein eilandjies aan beide kante van die koraalrifdeurgang in die suide.

In Augustus 2007 was daar sowat 1 200 bewoners.

Geskiedenis

Daar is argeologiese bewyse dat Polinesiërs al omstreeks 850 n.C. hier gewoon het. Die eerste Europeër wat dit besoek het, was die Nederlandse seevaarder Jacob Roggeveen, in 1722. Die eiland het histories sterk kulturele bande met Bora Bora.

Administrasie

Maupiti is administratief deel van die munisipaliteit Maupiti van die Benedewindse Eilande. Die hoofdorp is Vaiea.

Verwysings

Eksterne skakels