McDonald's

McDonald's Corporation is die wêreld se grootste ketting van hamburger- en kitskosrestaurante.

McDonald's Corporation
TipeOpenbare maatskappy
Gestig15 Mei 1940 in San Bernardino, Kalifornië;
McDonald's Corporation, 15 April 1955 in Des Plaines, Illinois
HoofkantoorOak Brook, IllinoisVerenigde State van Amerika
Liggings36 000[1]
SleutelpersoneAndrew J. McKenna (Voorsitter)
Steve Easterbrook (President en hoofuitvoerende beampte)
Gebied bedienWêreldwyd
IndustrieRestaurante
ProdukteKitskos
(hamburgershoenderslaptjipskoeldrankkoffiemelkskommels • slaaie • nageregte • ontbyt)
Inkomste$ 28,1057 miljard (2013)[2]
$ 27,567 miljard (2012)[2]
Bedryfsinkomste$ 8,7643 miljard (2013)[2]
$ 8,6046 miljard (2012)[2]
Netto inkomste$ 5,5859 miljard (2013)[2]
$ 5,4648 miljard (2012)[2]
Werknemers420 000 (2014)[3]
SlagspreukI’m Lovin’ It
Webwerfaboutmcdonalds.com
McDonald's-restaurante wêreldwyd

Die hoofkantoor van die firma – McDonald's Plaza genoem – is geleë in Oak Brook, 'n voorstad van Chicago in die Verenigde State. Hier is ook die "Hamburger University", die opleidingsentrum van McDonald's.

Die maatskappy is deur die sakeman Ray Kroć uitgebou nadat hy in 1955 die regte oorgeneem het van 'n klein hamburgerketting wat gelei was deur Dick en Mac McDonald.

'n McDonald's-restaurant word bestuur deur 'n konsessienemer, 'n filiaal, of die maatskappy self. Die inkomste van die maatskappy kom uit die huur, kopiereg en fooie wat betaal word deur die konsessiehouers, en die verkope in selftoegeruste restaurante.

McDonald's bedien hoofsaaklik hamburgers, kaasburgers, hoender, skyfies, ontbytgeregte, koeldrank, melkskommels en nageregte. In reaksie op kritiek oor sy vervelige spyskaart, verkoop die maatskappy nou ook slaaie, garnale, gevoudes en vrugte.

Die totale aantal bestellings by McDonald's beloop 68 miljoen per dag, versprei oor meer as 36 000 takke in 119 lande. Op 11 November 2015 het McDonald's hul 20ste jaar in Suid-Afrika met 234 takke gevier.

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels