Menelik II

Menelik II (Ge'ez: ዳግማዊ ምኒልክ, dagmawi mənilək; perdenaam Abba Dagnew Amharies: አባ ዳኘው abba daññäw; 17 Augustus 1844 - 12 Desember 1913), gedoop as Sahle Mariam (ሣህለ ማርያም sahlä maryam), was van 1889 tot met sy dood in 1913 keiser van Ethiopië en koning van Shewa. Omstreeks 1898, op die hoogtepunt van sy binnelandse mag en buitelandse aansien, was die proses van die uitbreiding van sy grondgebied en die skep van ’n moderne keiserryk voltooi.[2]

Menelik II
Keiser van Ethiopië
DinastieHuis van Salomo
Bewind10 Maart 1889 - 12 Desember 1913
Gebore(1844-08-17)17 Augustus 1844
Addis Abeba, Keiserryk Ethiopië[1]
Gesterf12 Desember 1913 (op 69)
VoorgangerJohannes IV
OpvolgerLidj Josua (aangewys, maar nie gekroon)
Gade vanTaitoe Betoel
VaderHaile Melekot (koning van Shewa)
MoederWoizero Edjigajehoe

Hy word deur baie Ethiopiërs hooggeag en word gedenk met die herdenking van die Slag van Adoea, wat op 1 of 2 Maart dwarsoor Ethiopië en in die diaspora gevier word.[3][4] Baie mense in Afrika beskou hom as ’n voorstander van Afrika-onafhanklikheid teen Europese magte tydens die Wedloop om Afrika.[5]

Bewind

Die Keiserryk Ethiopië is onder keiser Menelik omskep: Die vernaamste aspekte van modernisering is gevestig met die hulp van ministeriële raadgewers in sleutelposisies.[6] Hy het Ethiopiese soldate in die Eerste Italiaans-Ethiopiese Oorlog gelei teen Italiaanse invallers. ’n Klinkende oorwinning in die Slag van Adoea het erkenning van Ethiopië se onafhanklikheid deur buitelandse magte verseker. Dit is bevestig met diplomatieke verteenwoordiging aan sy hof en die optrek van Ethiopië se grense met die aangrensende kolonies.[2] Menelik het sy koninkryk na die suide en ooste uitgebrei en heerskappy oor ander koninkryke gevestig.[7][8] In Ethiopië word hy algemeen "Emiye Menelik" genoem (Emiye beteken "my moeder" in Arhamees).

Later in sy bewind het Menelik die eerste kabinet saamgestel om met die administrasie van die keiserryk te help; hy het betroubare en gerespekteerde adellikes as ministers aangestel. Hulle sou nog lank ná sy dood dié ampte beklee.

Verwysings

Skakels