Middel-Pleistoseen

Periode/
sisteem
Epog/
serie
Tydsnede/
etage
M. jaar
gelede
KwartêrHoloseen0–0,0117
PleistoseenTarantium0,0117–0,126
Ionium0,126–0,781
Kalabrium0,781–1,806
Gelasium1,806–2,588
NeogeenPlioseenPiasensiumouer
Die verdeling van die Kwartêr (IKS).

Die Ionium (of Middel-Pleistoseen[1]) is ’n chronostratigrafiese etage sowel as geologiese tydsnede van onderskeidelik die huidige sisteem en periode, die Kwartêr. Die tydperk was van sowat 0,781 tot 0,126 miljoen jaar gelede.[2] Dit is voorafgegaan deur die Kalabrium en gevolg deur die Tarantium.

Die Ionium word verdeel in verskeie super-etages, wat elk uit ’n aantal ysperiodes (glasiale) en tussen-ysperiodes (interglasiale) bestaan. Die basis van die etage word gedefinieer as die omkering van die aarde se magneetveld tussen die magnetiese chronosones Matuyama en Brunhes.

Verwysings