Kwartêr

EraPeriodeEpogTyd gelede 
(in miljoen jaar)
KainosoïkumKwartêrHoloseen0 - 0,0117
Pleistoseen0,0117 - 2,588
NeogeenPlioseen2,588 - 5,333
Mioseen5,333 - 23,03
PaleogeenOligoseen23,03 - 33,9
Eoseen33,9 - 56,0
Paleoseen56,0 - 65,5
MesosoïkumKrytLaatouer

Die Kwartêr of Kwarternêr is op die geologiese tydskaal die jongste geologiese periode. Dit beslaan die afgelope 2,58 miljoen jaar tot op hede en is die laaste onderverdeling van die era Kainosoïkum. Dit volg op die Neogeen en is onderverdeel in twee tydvakke: die Pleistoseen en Holoseen.

Die Kwartêr is in 1760 as die "vierde onderverdeling" voorgestel deur Giovanni Arduino[1] Die voorafgaande periode is eers die "Tersiêr" genoem, maar dit word nie meer as ’n amptelike periode beskou nie[2][3][4][5] hoewel die term nog algemeen gebruik word.

Eienskappe

Omdat Antarktika al sedert die begin van die Kwartêr met ys bedek is, word die hele periode as ’n ystydperk beskou. Binne die Kwartêr kom verskeie kouer periodes (ystye of glasiale tydperke) voor wanneer groot dele van die Aarde met ys bedek is. Hulle word afgewissel deur warm periodes (tussen-ystye of interglasiale tydperke) wanneer die ysbedekkings kleiner word.

Die Holoseen is die laaste 11 000 jaar van die Kwartêr en die tydvak waarin die Aarde hom nou bevind. Dit is ’n interglasiale tydperk.

Die Kwartêr word verder gekenmerk deur die uitsterwing van talle plant- en diersoorte, deur die vinniger evolusie van bepaalde groepe soogdiere en deur die groot migrasiebewegings van talle organismes, alles as gevolg van die groot klimaatsveranderings. Dit is ook die periode waarin die moderne mens sy verskyning gemaak, geëvolueer en oor die Aarde versprei het.

Verwysings

Eksterne skakels


ProterosoïkumFanerosoïese Eon
  Neoproterosoïkum  Paleosoïese EraMesosoïese EraKainosoïese Era
EdiacariumKambriumOrdovisiumSiluurDevoonKarboonPermTriasJuraKrytPaleogeenNeogeenKwartêr