Mikrometer

een miljoenste van 'n meter

'n Mikrometer (simbool: µm) is 'n lengtemaat wat van die SI-basiseenheid vir lengte, die meter, afgelei is en is 'n miljoenste van 'n meter (0,000001 m). Dit word uitgedruk as 1x10-6 m.

Die spore van die swamspesie Bauerago vuyckii is elk omtrent 14 µm in deursnee, of effe groter as 'n rooibloedsel (5 tot 10 µm in deursnee).
'n Menslike haar het 'n deursnee van sowat 20 tot 40 µm. Die foto beslaan 'n reghoek van 600 µm by 400 µm.

Mikrometer het die term "mikron" vervang.

SI-veelvoude vir lengte

VeelvoudNaamSimboolVeelvoudNaamSimbool
100meterm   
103kilometerkm10–3millimetermm
106megameterMm10–6mikrometerµm
109gigameterGm10–9nanometernm
1012terameterTm10–12pikometerpm
1015petameterPm10–15femtometerfm
1018eksameterEm10–18attometeram
1021zettameterZm10–21zeptometerzm
1024jottameterYm10–24joktometerym

Daar is eenhede wat tot die metriese stelsel behoort het, maar wat nie meer in die S.I.-stelsel erken word nie, soos:

VeelvoudNaamSimboolVeelvoudNaamSimbool
101dekameterdam10–1desimeterdm
102hektometerhm10–2sentimetercm
10–10ÂngströmÂ