Murat II

Murat II Kodja (Ottomaanse Turks: مراد ثانى, moderne Turks: II.Murat; Junie 1404 – 3 Februarie 1451) was van 1421 tot 1451 sultan van die Ottomaanse Ryk, buiten ’n kort tydperk van 1444 tot 1446.

Murat II
Sultan van die Ottomaanse Ryk

Volle naamSultan Murat II Kodja
Ottomaanse naamمراد ثانى
Tydperk1421–1444
1446–1451
StadiumOpgang van die Ottomaanse Ryk
HuisOsman
VoorgangerMehmet I
OpvolgerMehmet II
Toegra

Hy het die troon op 18-jarige ouderdom bestyg ná die dood van sy pa, Mehmet I. Sy bewind is gekenmerk deur die 25 jaar lange oorlog wat hy geveg het teen die Christelike volke van die Balkan-skiereiland en die Turkse emirate in Anatolië.

In die winter van 1450–1451 het Murat siek geword en is hy in Edirne dood. Hy is opgevolg deur sy seun Mehmet II.

Hierdie artikel is vertaal vanuit die Engelse Wikipedia