Murrumbidgee

Die Murrumbidgee[1][2] (Engels: Murrumbidgee River, [mʌrəmˈbɪdʒi][3]) is met 'n lengte van 1 488 km Australië se tweede grootste rivier.[4] Die Murrumbidgee is die grootste sytak van die Murrayrivier.

Murrumbidgee
Die Murrumbidgee naby Wagga Wagga, Nieu-Suid-Wallis.
Die Murrumbidgee naby Wagga Wagga, Nieu-Suid-Wallis.
Die Murrumbidgee naby Wagga Wagga, Nieu-Suid-Wallis.

Die stroomgebied van die Murrumbidgee.

OorsprongPeppercorn Hill, Snowy Mountains, Nieu-Suid-Wallis, Australië
Australiese Alpe, Groot Skeidingsgebergte
MondingBoundary Bend, Nieu-Suid-Wallis, Victoria
Murrayrivier
StroomgebiedNieu-Suid-Wallis (Australië)
Lengte1 488 km (900 myl)
Oorspronghoogte1 560 m (5 118 voet)
Mondinghoogte55 m (180 voet)
Gemiddelde afloop120 m³/s (4 200 vt³/s)
Stroomgebiedopp.84 000 km² (30 000 myl²)
Die Murrumbidgee naby Gundagai, Nieu-Suid-Wallis

Die Murrumbidgee ontspring net suid van Canberra, Australië se hoofstad, op 'n hoogte van 1 500 m aan die voet van die Peppercorn Hill in die Fiery Range van die Snowy Mountains (Australiese Alpe, Groot Skeidingsgebergte). Aansluitend loop dit 1 488 km in 'n wes-noordelike rigting deur die Australiese deelstaat Nieu-Suid-Wallis, voordat die Murrumbidgee naby Boundary Bend met die Murrayrivier saamvloei.

Murrumbidgee beteken "groot water" in die Wiradjuri-taal, een van die lokale Aboriginale tale.[5] Die rivier self loop deur verskeie tradisionele gebiede van inheemse Australiërs, tuis van verskeie inheemse stamme.

Verwysings

Eksterne skakels