Gaan na inhoud

Neef

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
'n Eenvoudige stamboomuiteensetting

'n Neef is:

  • 'n seun van iemand se broer of suster of van iemand se swaer of skoonsuster;
  • 'n seun van iemand se oom of tante

In die laaste betekenis word in die informele spreektaal in Vlaandere ook die sinoniem kozijn gebruik. Hierdie benaming is uit Frans (cousin) ontleen.

Die seun van die neef of niggie van my ouers of van my eie neef of nig, word 'n kleinneef of agterneef genoem.

Nigwysig bron

Ooreenkomstig is 'n nig(gie):

  • 'n dogter van iemand se broer of suster of van iemand se swaer of skoonsuster
  • 'n dogter van iemand se oom of tante.

Die dogter van die neef of niggie van my ouers of van my eie neef of nig, word 'n kleinnig(gie) of agternig(gie) genoem.

Taalwysig bron

  • Sowel neef as nig was vroeër die beleefde aanspreekvorm (voor 'n eienaam) van 'n persoon wat jonger of ongeveer dieselfde ouderdom as jy het. Bv. "Môre, neef! Môre, nig Anna!'
  • Dit kan ook die betekenis dra van 'n man wat aan volkspele deelneem, spanleier is van die seunspan van die Voortrekkerbeweging of wat aan 'n jukskeispan behoort.
  • Volgens P.A.F. van Veen en N. van der Sijs (1997), dateer die woord al tussen 1201–1250 en is dit verwant aan Oudsaksies neƀo, Oudhoogduits nevo, Oudfries neva, Oudengels nefa, Oudnoors nefi (neef, ook bloedverwant); en buite die Germaanse tale ook in Latyn nepos (kleinseun, neef), Grieks nepodes (afstammelinge), Wallies nei (seun van suster), Oudindies napāt- (seun, kleinseun, afstammeling).

Bronwysig bron

Eksterne skakelswysig bron

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladGeweldVarkgriepAardverwarmingAardbewingTropiese sikloonSpesiaal:Onlangse wysigingsDroogteCarles PuigdemontNelson MandelaMenseregteEkonomiese sektorKarin HougaardErfenisdag (Suid-Afrika)Ekonomie van Suid-AfrikaPinksterPrimêre sektor van die ekonomieApartheidVulkaanSuid-AfrikaBoelieryRobbeneilandAntoniemErfenisTrappe van vergelykingNazi-DuitslandWaarheid-en-versoeningskommissieGevolge van aardverwarming op oseaneSeksPad na jou hartVergelykings (taalkunde)Selfstandige naamwoordNasionale erfenisterreine van Suid-AfrikaHolocaustWaterbesoedelingIntensiewe vormGoudMonopolie