Nieu-Swede

Nieu-Swede (Sweeds: Nya Sverige, Fins: Uusi Ruotsi, Latyns: Nova Svecia) is 'n voormalige Sweedse kolonie wat van 1638 tot 1655 in Noord-Amerika bestaan het.[1] Die gebied is vandag deel van die Amerikaanse deelstate van Delaware, New Jersey en Pennsilvanië. Die kolonie se hoofstad was Fort Christina, die hedendaagse Wilmington.

Nya Sverige
Nieu-Swede

1638–1655

Flag of Nieu-Swede
Vlag

Ligging of Nieu-Swede
Ligging of Nieu-Swede
Kaart van Nieu-Swede uit ongeveer 1650, deur Amandus Johnson.
HoofstadFort Christina
39°44′N 75°32′W / 39.733°N 75.533°W / 39.733; -75.533 75°32′W / 39.733°N 75.533°W / 39.733; -75.533
Taal/TaleSweeds, Fins
RegeringMonargie
Koning
 - 1632–1654Christina van Swede
 - 1654–1660Karel X Gustav van Swede
Goewerneur
 - 1638Peter Minuit
 - 1638–1640Måns Nilsson Kling
 - 1640–1643Peter Hollander Ridder
 - 1643–1653Johan Björnsson Printz
 - 1653–1654Johan Papegoja
 - 1654–1655Johan Risingh
Historiese tydperkNuwe Tyd
 - Stigting1638
 - Perskeboom-oorlog1655
 - Nederlandse verowering1655
GeldeenheidSweedse riksdaler
Nieu-Swede (Nya Sverige) omstreeks 1650
Die relatiewe ligging van Nieu-Nederland (Nieuw-Nederland) en Nieu-Swede (Nya Sverige) in die ooste van Noord-Amerika

Nieu-Swede is op 29 Maart 1638 deur Sweedse setlaars naby Delawarebaai gestig. Dit was Swede se eerste kolonie in die Amerikas en 'n strategies belangrike handelspos en nedersetting aan die benedeloop van die Delawarerivier. Dit is naas Swede en Finne ook deur Noord-Duitsers en Nederlanders bewoon.

Die kolonie is in 1655, ná 'n gewapende konflik, deur die Nederlander Peter Stuywesant geannekseer en by Nieu-Nederland ingelyf. Die Sweedse inwoners is toegelaat om hulle eie kultuur en taal uit te leef.

Goewerneurs

Die goewerneurs van die kolonie was:

  • Peter Minuit, 1638.
  • Måns Nilsson Kling, 1638–1640.
  • Peter Hollander Ridder, 1640–1643.
  • Johan Björnsson Printz, 1643–1653.
  • Johan Papegoya, 1653–1654.
  • Johan Rising, 1654–1655.

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels