Nieu-Nederland

Nieu-Nederland (Engels: New Netherland; Frans: Nouvelle-Néerlande; Latyns: Nova Belgica of Novum Belgium, letterlik: "Nieu-België"; Nederlands: Nieuw-Nederland) was tussen 1614 en 1667/1673–1674 'n kolonie van die Nederlandse Wes-Indiese Kompanjie (WIK) aan die ooskus van die hedendaagse Verenigde State van Amerika. Die kolonie se hoofstad was Nieu-Amsterdam wat in 1625 gestig is en nou bekend staan as New York Stad. Die opgeëiste gebied van Nieu-Nederland het vanaf die Delmarva-skiereiland in die noorde tot Kaap Cod in die suide gestrek en is in die hedendaagse Amerikaanse deelstate van New York, New Jersey, Delaware, Connecticut, Massachusetts, Vermont en New Hampshire asook klein buiteposte in Pennsilvanië en Rhode Island.

Nieuw-Nederland
Nieu-Nederland

1614–1667
1673–1674
VlagWapenskild
VlagWapen
Ligging of Nieu-Nederland
Ligging of Nieu-Nederland
Kaart van Nieu-Nederland deur Nicolaes Visscher I (1618–1679) in 1656, herdruk in 1685
HoofstadNieu-Amsterdam
40°46′N 73°59′W / 40.767°N 73.983°W / 40.767; -73.983 73°59′W / 40.767°N 73.983°W / 40.767; -73.983
Taal/TaleNederlands, Frans[1][2]
GodsdiensProtestantisme
RegeringRepubliek
Goewerneur
 - 1620–1625Cornelius Mey
 - 1625–1626Willem Verhulst
 - 1626–1633Pierre Minuit
 - 1633–1638Wouter van Twiller
 - 1638–1647Willem Kieft
 - 1647–1664Peter Stuyvesant
 - 1673–1674Anthony Colve
 - 1676Cornelis van Steenwijck
Historiese tydperkImperialisme
 - Stigting1614
 - Stigting van eerste nedersettings1624
 - Verowering van Nieu-Amsterdam27 Augustus 1664
 - Verdrag van Breda23 Julie 1667
 - Nederlandse herowering9 Augustus 1673
 - Verdrag van Westminster19 Februarie 1674
GeldeenheidRyksdaalder

Nieu-Nederland is gestig en bestuur deur die Nederlandse Wes-Indiese Kompanjie vir die Noord-Amerikaanse pelshandel. Die hoofgebiede van nedersettings was Nieu-Amsterdam en langs rivere soos die Hudsonrivier, Delawarerivier en Connecticutrivier. Tydens die kolonie se eerste dekades was die vestiging van Nederlanders eerder stadig, veral weens die Nederlandse Wes-Indiese Kompanjie se wanbestuur en konflikte met Indiane. Die nedersetting van Nieu-Swede het die suidelike flank oorskry, terwyl die noordelike grens teruggetrek is om 'n uitgestrekte Nieu-Engeland te huisves. Gedurende die 1650's het die kolonie 'n dramatiese groei beleef en het 'n belangrike hawe vir handel in die Noord-Atlantiese Oseaan geword.

Die oorgawe van Fort Amsterdam aan Engeland van 1664 is in 1667 geformaliseer, wat bygedra het tot die Tweede Anglo-Nederlandse Oorlog (1665–1667). In 1673 het die Nederlanders die gebied weer oorgeneem, maar dit in die Tweede Verdrag van Westminster die volgende jaar afgestaan om die Derde Anglo-Nederlandse Oorlog (1672–1674) te beëindig. Die kolonie se hoofstad Nieu-Amsterdam is herdoop na New York en spore van die Nederlandse koloniale tyd is nog steeds sigbaar.

Die inwoners van Nieu-Nederland was Indiane, Europeërs en Afrikane, die laaste is hoofsaaklik ingevoer as slawe-arbeiders. Afstammelinge van die oorspronklike koloniste het 'n prominente rol in die koloniale geskiedenis van die Amerikas gespeel. Die belangrikste handelsware was pels en tabak.

Kaarte

Sien ook

Verwysings

Verdere leesstof

  • (en) Jaap Jacobs (2005): New Netherland. A Dutch Colony in Seventeenth-Century America, Leiden. ISBN 90-04-12906-5
  • (en) Joyce Diane Goodfriend (red.) (2005): Revisiting New Netherland, perspectives on early Dutch America, Leiden. ISBN 90-04-14507-9