Swede (volk)

Hierdie artikel handel oor die etniese groep. Vir die taal, sien Sweeds.

Die Swede (Sweeds: svenskar) is 'n Germaanse nasie en etniese groep inheems aan Swede wat 'n gemeenskaplike Sweedse afkoms, kultuur en geskiedenis deel, en Sweeds as moedertaal praat. Alternatiewelik is Swede diegene wat in Swede woon of in Swede gebore is.

Swede

Totale bevolking:ca. 12,8 miljoen
Belangrike bevolkings  in:Vlag van Swede Swede ~7,6 miljoen[1]

Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State ~4 miljoen[2]
Vlag van Finland Finland 280 000[3]
Vlag van Kanada Kanada 334 765[4]
Vlag van Argentinië Argentinië 200 000[5]
Vlag van Australië Australië 30 375[6]
Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland 1 257[7]

Taal:Sweeds
Geloofsoortuiging:Hoofsaaklik Lutheranisme
Verwante etniese groepe:Ander Germaanse volke soos Dene, Faroërs, Noorweërs en Yslanders
Moder Svea word beskou as nasionale personifikasie van Swede

Swede vorm die titulêre nasie van die Swede, waar hulle sowat 80% van dié land se bevolking uitmaak. Behalwe vir Swede kom Sweedse minderhede nog in Europese lande soos Finland voor.

Wêreldwyd leef sowat 12,8 miljoen Swede, waarvan sowat 7,6 miljoen in Swede, omtrent 4 miljoen in die Verenigde State en 280 000 in Finland. Daarbenewens het Swede nog in lande soos Kanada (334 765), Argentinië (200 000), Australië (30 375) en Nieu-Seeland (1 257) gevestig.

Verwysings

Eksterne skakels