Oeralrivier

Die Oeral (Russies: Урал; Kasaks: Жайық, Zjajik) is die derde langste rivier in Europa. Dit was voor 1775 bekend as die Jaïk (Russies: Яик).

Oeralrivier
Die Oeralrivier tussen Oeral en Atyrau
Die Oeralrivier tussen Oeral en Atyrau
Die Oeralrivier tussen Oeral en Atyrau

Die stroomgebied van die Oeral.

OorsprongOeralgebergte (Rusland)
Mondingnaby Atyrau, Kasakstan, in die Kaspiese See
StroomgebiedRusland, Kasakstan
Lengte2 428 km (1 509 myl)
Mondinghoogte-28 m (92 voet)
Gemiddelde afloop400 m³/s (14 100 ft³/s)
Stroomgebiedopp.231 000 km² (89 190 myl²)
Kaart van die Oeral-bekken in Europa.
Kaart van die Oeral-bekken in Europa.

Dit ontstaan in die suidelike Oeralgebergte, vloei deur Rusland en Kasakstan, en eindig in die Kaspiese See. Sy totale lengte is 2 428 km. Die Oeral en die Wolga is van die grootste riviere wat in die Kaspiese See loop.

Naam

Die rivier was tot in 1775 bekend as die Jaïk. Op ’n kaart van Ptolemeus uit die 2de eeu n.C. is dit as die Jajykon aangedui.[1] Die naam Jaïk is van Turkse oorsprong en word vandag nog amptelik in Kazachs en Basjkiries gebruik. Dit is ook soms in Europese dokumente die Rhymnus fluvius genoem.[2]

Eksterne skakels

  • Igor S. Zonn, Andrey Kostianoy, Aleksey N. Kosarev (2010). The Caspian Sea Encyclopedia. Springer. ISBN 3-642-11523-3.{{cite book}}: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)

Verwysings

Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Engelse Wikipedia-artikel en:Ural River