Orjol-oblast

federale deelgebied van Rusland

Orjol-oblast (Russies: Орло́вская о́бласть, Orlofskaja oblast) is ’n deelgebied van Rusland. Dit lê in die Sentrale Federale Distrik en die hoofstad is Orjol. Die oblast grens aan Kaloega- en Toela-oblast in die noorde, Brjansk-oblast in die weste, Koersk-oblast in die suide en Lipetsk-oblast in die ooste. Van noord na suid is dit sowat 150 km lank en van oos na wes 200 km. Dit is een van die kleinste Russiese streke (24 652 km², met ’n bevolking van sowat 860 000).[1]

Orjol-oblast
Орловская область
Die ligging van Orjol-oblast in Rusland.
Die ligging van Orjol-oblast in Rusland.
Politieke status
Land Russiese Federasie
Federale distrikSentrale
Ekonomiese streekSentrale
Stigting27 September 1937
Regering
HoofstadOrjol
LeierAndrei Klychkof
AmpGoewerneur
WetgewerOblast-raad van Volksafgevaardigdes
Bevolking
Sensus2019
Totaal739 467
Volgorde64ste
Digtheid30,0/km²
Stedelik67,47%
Plattelands32,53%
Statistiek
Oppervlakte24 652 km²
Volgorde71ste
TydsoneUTC+03:00
Registrasienommer 57
Amptelike taleRussies
Webtuistehttp://www.adm.orel.ru/
Wapen en vlag

Portaal  Portaalicoon  Rusland

Orjol-oblast het in 1937 ontstaan uit drie ander oblaste: Koersk, Wes en Woronezj.

Geografie

Die oblast lê in die middel van die Russie hoogland in die steppe. Daar is 4 800 km² vrugbare, swart grond (tsjernozjom) in die streek – dit is sowat driekwart van die wêreld se totale tsjernozjom-gebied.[1]

Klimaat

Die klimaat is gematig kontinentaal; die gemiddelde temperatuur in Januarie is -9 tot -11 ºC en in Julie 19 tot 21 ºC. Die somers in oblast is warm en sonnig.

Verwysings

Hierdie artikel is merendeels vertaal uit die Engelse Wikipedia-artikel en:Oryol Oblast

Eksterne skakels

36°26′O / 52.850°N 36.433°O / 52.850; 36.433