Pole (volk)

Die Pole (Pools: Polacy [pɔˈlat͡sɨ]; manlike enkelvoud: Polak, vroulike enkelvoud: Polka) is 'n Slawiese nasie en etniese groep inheems aan Pole wat 'n gemeenskaplike Poolse afkoms, kultuur en geskiedenis deel, en Pools as moedertaal praat. Alternatiewelik is Pole diegene wat in Pole woon of in Pole gebore is.

Pole






Totale bevolking:ca. 60 miljoen
Belangrike bevolkings  in:Vlag van Pole Pole ~37 miljoen[1]

Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State 10,6 miljoen[2]
Vlag van Brasilië Brasilië ~3 miljoen[3]
Vlag van Duitsland Duitsland 2–3 miljoen[4][5][6]
Vlag van Israel Israel 1,25 miljoen[7]
Vlag van Kanada Kanada ~1 miljoen[8]
Vlag van Frankryk Frankryk ~1 miljoen[9]
Vlag van Belarus Belarus 900 000[9]
Vlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk 630 000[9][10]
Vlag van Argentinië Argentinië 500 000[11]
Vlag van Rusland Rusland 273 000[9]
Vlag van Australië Australië 216 056[12]
Vlag van Litaue Litaue 212 800[13]
Vlag van Oekraïne Oekraïne 144 130[14]
Flag of Ireland Ierland 122 585[15]
Vlag van Noorweë Noorweë 120 000[16]
Vlag van Italië Italië 109 018[17]
Vlag van Swede Swede 75 323[18]
Vlag van Spanje Spanje 70 606[19]
Vlag van België België 70 600[9]
Vlag van Oostenryk Oostenryk 69 898[20]
Vlag van Nederland Nederland 60 000[9]
Flag of the Czech Republic Tsjeggië 51 968[21]
Vlag van Letland Letland 44 783[22]
Vlag van Denemarke Denemarke 37 876[23]
Vlag van Kasakstan Kasakstan 34 057[24]
Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika 30 000[25]
Vlag van Paraguay Paraguay 16 748[26]
Vlag van Griekeland Griekeland 14 145[9]
Vlag van Ysland Ysland 10 540[27]
Vlag van Venezuela Venezuela 9 000[28]
Vlag van Peru Peru 7 000[29]
Vlag van Hongarye Hongarye 5 730[30]
Vlag van Moldowa Moldowa 4 174[9]
Vlag van Roemenië Roemenië 3 671[9]
Vlag van Slowakye Slowakye 3 084[31]
Vlag van Finland Finland 3 000[32]
Vlag van Estland Estland 2 200[9]
Vlag van Verenigde Arabiese Emirate Verenigde Arabiese Emirate 2 000[33]
Vlag van Colombia Colombia 1 500[34]
Vlag van Turkye Turkye 1 000+[35]
Vlag van Armenië Armenië 300+[35]

Taal:PoolsKasjoebiesSilesies
Geloofsoortuiging:Hoofsaaklik Rooms-Katolieke Kerk
Verwante etniese groepe:Ander Slawiese volke soos Slowake, Sorbe en Tsjegge; Balte
Verspreiding van die Poolse diaspora: ██ Pole ██ Meer as 1 miljoen ██ Meer as 500 000 ██ Meer as 100 000

Pole vorm die titulêre nasie van Pole, waar hulle byna 97% van dié land se bevolking vorm en nog klein erkende minderhede soos Duitsers, Kasjoebe en Silesiërs leef. Behalwe Pole kom Poolse minderhede nog in Europese lande soos Duitsland, Frankryk, Litaue, Oekraïne, Rusland, die Verenigde Koninkryk en Wit-Rusland voor.

Wêreldwyd leef omtrent 60 miljoen Pole, waarvan meer as die helfde in Pole woonagtig is. Daarbenewens het miljoen van Pole in Noord- en Suid-Amerikaanse lande soos Brasilië, Kanada en die Verenigde State asook Australië en Israel gevestig. Die Poolse diaspora word in Pools Polonia genoem, afgelei van die Latynse naam vir dié land.

Pole is oorwegend aanhangers van die Rooms-Katolieke Kerk en Pole is een van die Europese lande met die hoogste persentasie van Rooms-Katolieke: sowat 92% van dié land se bevolking. Minderhede sluit in Oosters-Ortodokse, Protestante, Jode en Moslems.

Verwysings

Eksterne skakels