Project Gutenberg

Hierdie artikel moet skoongemaak of andersins verbeter word.
Hierdie artikel voldoen nie tans aan die hoë gehaltestandaarde waarna Wikipedia streef nie. Voel vry om self in te spring en verbeterings te maak, en verwyder hierdie kennisgewing ná die tyd. Vir meer hulp, sien die redigeringshulp. Daar is moontlik kommentaar in die artikel of op die besprekingsblad oor wat verbeter moet word.

Project Gutenberg is 'n poging deur vrywilligers om kulturele materiaal, grootliks boeke, in digitale vorm om te sit, en sodoende 'n digitale biblioteek van sogenaamde e-boeke of elektroniese boeke tot stand te bring en te versprei.Michael S. Hart het hierdie oudste digitale biblioteek in 1971 gestig. Die meeste items in die versameling is volledige tekste uit die openbare domein. Die projek beoog om hierdie tekste so vrylik moontlik beskikbaar te stel in langdurige ope formaat vir amper enige rekenaar of e-leser. Daar is vele geaffilieerde projekte om addisionele streeks- en taal-spesifieke inhoud vry te stel. Geskandeerde publikasies wemel gewoonlik van foute, en meeste van PG se werk word vrywillig deur Distributed proofreaders versorg, om te verseker dat die gehalte so hoog moontlik bly.

Kenteken
Michael Stern Hart en Gregory Newby tydens die HOPE-konferensie in 2006.

Hart kon, terwyl hy nog gestudeer het, universiteits-rekenaartyd [1] grootskaals gebruik om hierdie projek op die been te bring. Hart vertel dat hy graag hierdie gawe wou "teruggee" in die vorm van iets wat van groot waarde geskat sou word. Sy oorspronklike doel was om die tien-duisend mees nageslaande boeke openbaar beskikbaar te maak teen min of geen koste, hopelik teen die einde van die twintigste eeu.[2]

Hart het geglo dat rekenaars in die toekoms beskikbaar sou wees vir die algmene publiek; hy besluit toe om letterkundige werke gratis te begin beskikbaar stel. Hy het sy eie kopie van die Verenigde State se Verklaring van Onafhanklikheid gebruik om die eerste Projek Gutenberg e-teks te skep.

Hy het die projek vernoem na Johannes Gutenberg, die vyftiende-eeuse Duitse drukker.

Teen middel-1990, met vrywille hulp, het hy die materiaal begin inskandeer (tot 1989 is dit nog per hand ingetik) toe optiese karakter-herkennings sagteware bruikbaar begin word het.[3] Volgens 'n reëling met Carnegie Mellon University, het die universiteit die finansies van die projek begin administreer.

Beginnende in 2004, het 'n verbeterde aanlyn-katalogus dit vergemaklik om die Project Gutenberg materiaal te gebruik.

Project Gutenberg se stigter, Michael Hart, is op 6 September 2011 op 64 oorlede, tuis in Urbana, Illinois.[4]

Geaffilieerde Organisasies

Charles Franks het Distributed proofreaders (DP) in 2000 op die been gebring. Dit het die proeflees van die geskandeerde materiaal oor die internet oor baie vrywilligers versprei. Hierdeur is die aantal en verskeidenheid van tekste beskikbaar vanaf Projek Gutenberg heelwat verhoog. Dit was ook heelwat makliker vir nuwe vrywilligers om by hierdie projek betrokke te raak. DP is amptelik geaffilieer aan Projek Gutenberg in 2002.[5] Teen 2007 beslaan die meer as tien duisend boeke vanaf DP amper een-derde van die bykans 42 000 boeke in Projek Gutenberg.

Omvang van versameling

Groei van Projek Gutenberg vrystellings vanaf 1994 tot 2015.

In Februarie 2013 beweer Projek Gutenberg dat daar meer as 42 000 items in hul versameling is, waarby 'n gemiddeld van oor die vyftig nuwe e-boeke elke week gevoeg word.[6] Dit is hoofsaaklik letterkundige werke uit die Westerse kultuur-tradisie. Benewens literatuur soos romans, digkuns, kortverhale en drama, het Projek Gutenberg ook kookboeke, naslaanwerke en nommers van tydskrifte.[7] Die versameling bevat ook 'n klompie nie-teks items soos klank- en musiek-notasielêers.[8]

Die meeste vrystellings is in Engels, maar daar is ook aansienlike hoeveelhede in baie ander tale. Teen Februarie 2013 is Frans, Duits, Fins, Nederlands, Portugees en Chinees van die besverteenwoordige tale.[9]

Waar moontlik is Gutenberg vrystellings beskikbaar in plain text, bestaande uit hoofsaaklik US-ASCII character encoding maar dikwels uitgebrei na ISO-8859-1 (benodig, byvoorbeeld, vir spesiale karakters in ander tale). Afgesien van die vereiste dat tekste kopiereg-vry moet wees, het Michael Hart dit voorop gestel dat 'n Latin (karakterstel) teks-weergawe van die vrystelling beskikbaar moet wees, want hy het geglo dat hierdie formaat mees waarkynlik in die verre toekoms nog leesbaar sal wees.[10] Die aansienlike versameling tekste uit Oos-Asië, soos Sjinees an Japannees, noop die gebruik van UTF-8 ook.

Wanneer vrywilligers ander formate produseer word die ook vrygestel. Die mees algemene is HTML. Daar is soms 'n aanvraag na meer gevorderde formate, maar praktiese oorwegings sluit hulle partykeer uit. Projek Gutenberg het twee opsies vir meester-formate waaruit alle ander lêers gegenereer kan word – aangepaste weergawes van die Text Encoding Initiative standaard sedert 2005,[11] and reStructuredText, since 2011.[12]

Ideale

In 2004 het Michael Hart gesê, "Die roeping van Projek Gutenberg is eenvoudig: 'Om die skep en verspreiding van e-boeke aan te moedig'". Sy doel was, "om soveel moontlike e-boeke in soveel formate as moontlik te lewer vir die hele wêreld om in soveel moontlike tale te lees".[9] So ook, is 'n projek-slagspreuk om "die beletsels van onkunde en ongeletterdheid te vernietig",[13] aangesien die vrywilligers beoog om geletterdheid en waardering vir letterkundige erfenisse te vestig, presies soos openbare biblioteke aan die einde van negentiende eeu begin doen het.[14][15]

Projek Gutenberg is doelbewus gedesentraliseer. As 'n voorbeeld, is daar nie 'n keuringsbeleid wat voorskryf watter tekste bygevoeg moet word nie. Individuele vrywilligers werk waarmee hulle wil, of met wat hulle beskikbaar het. Die Projek Gutenberg versameling se doel is om items op die lang duur te bewaar, sodat dit nie deur een spesifieke ongeluk verlore kan gaan nie. Om dit te weeg te bring, word terugvalkopieë van die hele versameling gereeld gemaak, en gespieëlbeeld op verskillende plekke.

Kopiereg

Projek Gutenberg bevestig die status van hul e-boeke baie noukeurig volgens die kopiereg-wet in die Verenigde State. Materiaal word slegs bygevoeg tot hulle argief na die kopiereg uitgeklaar is; hierdie uitklarings word bewaar vir latere verwysing.Projek Gutenberg eis nie nuwe kopiereg op die titels wat hulle vrystel nie. Hulle moedig egter gratis duplisering en verspreiding aan.[9]

Meeste boeke in die Projek Gutenberg versameling word as openbare domein boeke versprei onder die Verenigde State se kopiereg-wet. Die lisensie-voorwaardes wat tot elke boek gevoeg word, beperk wat met die boek gedoen kan word (soos verspreiding in veranderde vorm, of met kommersiële bedoelings) mits die Projek Gutenberg handelsmerk gebruik word. As die lisensie-voorwaardes uitgehaal word, en die handelsmerk nie gebruik word nie, is daar geen beperkings op die hergebruik van die tekste nie.

Projek Gutenberg versprei sommige nadruk-verbode tekste met toestemming. Hulle word verder beperk soos deur die kopiereghouer bepaal.

Kritiek

Die teks het lyne van 65-70 karakters, en elke nuwe paragraaf word voorafgegaan deur 'n blanko-lyn. Die teks is dus toeganklik vir enigiemand met 'n teks-leser; dit is egter redelik futloos.[16]

Alhowel die Projek Gutenberg materiaal waardevolle voorbeelde is van publikasies oor etlike eeue, is daar probleme met taalkundige ontledings.Die transkribeerder het dalk materiaal verander volgens redaksie-reëls, of om ooglopende drukfoute uit te skakel. Selfs die spelling kon gemoderniseer gewees het (alhoewel die bedoeling van Projek Gutenberg,[17] en van Distributed proofreaders,[18] is om die oorspronklike text en formattering waar moontlik te behou. As mens dus ouer grammatikale gebruike probeer navors, kan daar probleme wees. Dit is ook moontlik dat sekere versamelde werke dalk meer vertoonwoordig is as ander (soos Charles Dickens).[19]

'n Nuwe onderneming, in Maart 2004, van Michael Hart en John S. Guagliardo[20] om goedkoop materiaal te verskaf, by name Projek Gutenberg 2 (PG II), het 'n geskil onder PG vrywilligers ontketen, oor die hergebruik van die Projek se handelsmerk vir 'n kommersiële onderneming.[21]

Geaffilieerde projekte

Geaffilieerde projekte is onafhanklike organisasies, met dieselfde ideale, wat toestemming verleen is om die Project Gutenberg handelsmerk te gebruik. Hulle het dikwels 'n besondere nasionale of taal-fokus.[22]

Lys van geaffilieerde projekte

  • PG-EU is a suster-projek wat onder die kopieregwet van die Europese Unie val. Een van sy oogmerke is om soveel moontlik tale by Projek Gutenberg te betrek. Hulle werk in Unicode om te verseker dat alle alfabette maklik en korrek voorgestel kan word.[23]
  • Projek Gutenberg Australia huisves baie tekste wat in die openbare domein is volgens Australiese kopieregwet, maar nie (of onseker) in die Verenigde State, met die fokus op Australiese skrywers en boeke oor Australië[24]
  • Project Gutenberg Canada.[25]
  • Project Gutenberg Consortia Center is 'n affiliaat wat spesialiseer in versamelings van versamelings. Hulle werke ontvang nie die redaksionele toesig of konsekwente formattering van Projek Gutenberg nie. Materiaal sluit in tematiese versamelings, asook talle tale.[26]
  • Projekt Gutenberg-DE eis kopiereg vir sy werk, en beperk toegang tot soekbare web-weergawes van sy materiaal.[27]
  • Project Gutenberg Europe is 'n projek van Project Rastko in Serbia. Hulle beoog om 'n Projek Gutenberg vir die hele Europa te wees, en het hulle eerste vrystellings in 2005 gemaak. Hulle gebruik Distributed Proofreaders sagteware om e-tekste vinnig te verskaf.[28]
  • Project Gutenberg Luxembourg stel meesal, maar nie eksklusief nie, boeke vry wat in Luxembourgish geskryf is.[29]
  • Projekti Lönnrot, 'n projek begin deur Finse Projek Gutenberg vrywilligers, ontleen sy naam aan die Finse taalkundige Elias Lönnrot (1802–1884)[30]
  • Project Gutenberg of the Philippines beoog om soveel boeke as moontlik beskikbaar te maak vir soveel mense moontlik, met spesiale fokus op die Filippynse mense en tale.[31]
  • Project Gutenberg Russia is 'n projek wat beoog om openbare domein boeke in Slawiese tale, veral Russies, vry te stel. Bespeking van die projek en sy wetlike aspekte is in April 2012 begin. Die woord Rutenberg is 'n kombinasie van "Russia" en "Gutenberg".[32]
  • Project Gutenberg Self Publishing Anders as Projek Gutenberg, laat Project Gutenberg Self Publishing voorleggings toe van tekste wat nooit vantevore gepubliseer is nie, insluitend self-gepubliseerde boeke.[33]
  • Project Gutenberg of Taiwan beoog om kopiereg-vrye boek te argiveer, met spesiale fokus op Taiwan in Engels, Mandaryns and Taiwan-gebaseerde tale. Dit is 'n spesiale projek van Forumosa.com[34]

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels