Quatro de Fevereiro-lughawe

Quatro de Fevereiro Internasionale Lughawe (Portugees: Aeroporto Internacional 4 de Fevereiro, Swahili: Uwanja wa Ndege wa Kimataifa wa Quatro de Fevereiro IATA: LAD, ICAO: FNLU) is die belangrikste internasionale lughawe van Angola. Dit is geleë in die suidelike deel van die hoofstad Luanda in die Luanda-provinsie. Quatro de Fevereiro beteken 4 Februarie, wat 'n belangrike nasionale vakansiedag in Angola is, wat die begin van die gewapende stryd teen die Portugese koloniale regime op 4 Februarie 1961 aandui. In 2018 is sowat 5,6 miljoen passasiers vervoer.[1]

Quatro de Fevereiro Int. Lughawe
Aeroporto Internacional 4 de Fevereiro
IATA: LADICAO: FNLU
Opsomming
Tipe lughaweMilitêr / openbaar
OperateurENANA
LiggingLuanda, Angola
Spil vir*Fly Angola
Hoogte bo seevlak243 vt / 74 m
Koördinate08°51′30″S 13°13′52″E / 8.85833°S 13.23111°O / -8.85833; 13.23111
Webtuisteluandaairport.com/en/
Landkaart
LAD is in Angola
LAD
LAD
Ligging van die lughawe in Angola
Aanloopbane
RigtingLengteOppervlak
mvt
05/233 71612 190Asfalt
07/252 6008 530Asfalt
Statistieke (2018)
Passasiers5 600 000 9.4%
Lugbewegings65 843 1.8%

Geskiedenis

Die konstruksie van die lughawe het in 1951 begin om die hoofstad van die voormalige Portugese oorsese provinsie Angola te bedien. Dit is in 1954 deur die Portugese president Craveiro Lopes ingewy, die lughawe is ter ere van hom genoem Aeroporto Presidente Craveiro Lopes (President Craveiro Lopes-lughawe).

In Augustus, September en Oktober 1975 het die lughawe tienduisende meestal wit Portugese Angolese gehuisves wat na Lissabon gevlug het (tydens Operasie Air Bridge) wat in die weke voor Angola se Onafhanklikheid uitgekamp terwyl hulle op ontruimingsvlugte gewag het.[2][3]

Fasiliteite

Die lughawe is op 'n hoogte van 74 m bo seevlak. Dit het twee asfalt geplaveide aanloopbane: 05/23 en 07/25.[4] Die lughawe sal eersdaags vervang word deur die nuwe Angola Internasionale Lughawe. Bouwerk het reeds begin, maar die opening daarvan is uitgestel weens finansiële probleme aan die kant van die Angolese regering.[5]

Verkeer per jaar.
PassasiersVerandering vanaf vorige jaarLugbewegingsVerandering vanaf vorige jaarVrag
(metrieke ton)
Verandering vanaf vorige jaar
2005882 749 18,2%28 382 17,3%19 975 23,4%
20061 128 442 27,8%22 213 21,7%33 876 69,6%
20082 222 638NA68 000NA42 614NA
20092 430 794 9,4%65 843 3,2%53 339 25,2%
Bron: Airports Council International. Wêreldlughaweverkeerstatistiek (Jare 2005-2009)

Verwysings

Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.