Sassanidiese Ryk

Die Sassanidiese Ryk, ook bekend as die Derde Persiese Ryk of die Nieu-Persiese Ryk,[7] (deur sy inwoners Ērānshahr , ʾylʾnštr'; Pahlawi: 𐭠𐭩𐭥𐭠𐭭𐭱𐭲𐭥𐭩, ʾyrʾnštry of 𐭠𐭩𐭫𐭠𐭭𐭱𐭲𐭥𐭩, ʾylʾnštry; Moderne Persies: ایرانشهر; of Iran genoem)[8], was die laaste koninkryk van die Persiese Ryk voor die koms van Islam. Dit is na die Huis van Sassan genoem en het vanaf 224 tot 651 bestaan.[9] Die Sassanidiese Ryk het die Partiese Ryk opgevolg en is erken as een van die toonaangewende wêreldmagte langs sy naburige aartsvyand die Romeins-Bisantynse Ryk vir meer as 400 jaar.[10][11]

Ērānshahr
Sassanidiese Ryk
224–651
VlagWapenskild
VlagWapen
Ligging of Persië
Ligging of Persië
Die Sassanidiese Ryk op sy grootste onder Khusro II, ca. 620
HoofstadIstachr[1] (224–226)
Ctesiphon (226–637)
Taal/Tale
  • Middel-Persies (amptelik)[2]
  • Middel-Aramees (lingua franca)[3]
  • Parties (administratief, tot die laat 3de eeu)
  • Grieks (administratief, tot die laat 3de eeu, en plaaslik)
  • Ander tale
GodsdiensZoroastrisme (ook Babiloniese godsdiens, Nestorianisme, Manigeïsme, Mazdakisme, Judaïsme, Mandeïsme, Paganisme, Mitraïsme, Hindoeïsme, Boeddhisme)
RegeringMonargie
Koning van konings (Sjahansja)
 - 224–241Ardasjir I (eerste)
 - 632–651Jazdagird III (laaste)
Historiese tydperkLaat oudheid
 - Slag van Hormozdgan28 April 224
 - Iberiese oorlog526–532
 - Bisantyns-Sassanidiese oorlog602–628
 - Burgeroorlog[4]628–632
 - Islamitiese verowering633–651
 - Ryk val inmekaar651
Oppervlakte
 - 550[5][6]3 500 000 km2
1 351 358 sq mi
Voorafgegaan deur
Opgevolg deur
Partiese Ryk
Skitiërs
Koninkryk van Iberië
Lachmiede
Koninkryk Aksum
Rasjidoen-kalifaat
Geanimeerde kaart van die Sassanidiese Ryk se uitbreiding
Sassanidiese seehandelsroetes

Die Sassanidiese Ryk is na die ineenstorting van die Partiese Ryk en die neerlaag van die laaste Arsasidiese koning Artabanus V deur Ardasjir I gestig. Op sy grootste uitbreiding het dit die hele Iran, Irak, die oostelike Arabië (Bahrein, Katar, Koeweit, Oman, die Verenigde Arabiese Emirate), die Levant (Sirië, Palestina, Libanon, Israel, Jordanië), die Kaukasus (Armenië, Georgië, Azerbeidjan, Dagestan), Egipte, groot dele van Turkye, baie van Sentraal-Asië (Turkmenistan, Oesbekistan, Tadjikistan), Jemen, Afghanistan en Pakistan beheer. Volgens oorlewering was die vlag van die Sassanidiese Ryk die Derafsj Kawiani.[12]

Die Sassanidiese Ryk tydens die laat Oudheid word beskou as een van Iran se belangrikste en invloedrykste historiese tydperke en die laaste groot Irannese ryk voor die Islamitiese verowering van Persië en die Islamisering van Iran.[13] Op baie maniere word die Sassanidiese tydperk as die hoogtepunt van die antieke Persiese kultuur beskou. Die Sassanidiese kulturele invloedsfeer streek ver buite dié ryk se territoriale grense, tot in Wes-Europa,[14] Afrika,[15] China en Indië.[16] Dit het 'n belangrike rol in die vorming van beide Europese en Asiatiese Middeleeuse kuns gespel.[17] Baie van wat later as Islamitiese kultuur in kuns, argitektuur, musiek en ander onderwerpe bekend sou word is van die Sassanidiese Ryk deur die hele Islamitiese wêreld versprei.[18]

Verwysings

Eksterne skakels