Slang (astrologie)

Die Slang (蛇, shé) is die sesde dier in die twaalfjaarlikse siklus van die Chinese astrologie, volgens die Chinese kalender. Dit hou ook verband met Oos-Asiatiese diereriem- en kalenderstelsels. Die Jaar van die Slang word verbind met die Aardse taksimbool 巳.[1]

Beskrywing

Volgens een legende is daar ’n rede vir die volgorde van die twaalf diere in die 12-jaarsiklus. Daarvolgens is ’n resies oor ’n groot rivier gehou en die volgorde van die diere in die siklus is die volgorde waarin hulle die resies voltooi het. In dié verhaal maak die Slang op daarvoor dat hy nie ’n vinnige swemmer is nie deur skelmpies op die Perd se hoef te ry. Toe die Perd op die punt was om die eindstreep oor te steek, het die Slang afgespring – dit het die Perd laat skrik en die Slang het hom geklop om die sesde plek.

Dieselfde twaalf diere word gebruik om die siklus van ure in ’n dag te simboliseer – elk word verbind met ’n tydperk van twee uur. Die tydperk van die Slang is van 09:00 to 11:00 – die tyd wanneer die Son die Aarde verhit; dis wanneer slange uit hul gate kruip. Die "maand" van die Slang is 5 Mei tot 5 Junie.

Die Chinese tekens word ook die diereriem genoem omdat geglo word ’n mens se persoonlikheid word deur die dier beïnvloed wat oor jou geboortedatum heers. Net so word die jaar waaroor ’n spesifieke dier heers, daardeur gekenmerk. Die invloed is veral sterk by mense wat in die jaar van die spesifieke dier gebore is.

In Chinese simbologie word slange beskou as intelligent, maar met ’n neiging om ietwat gewetenloos te wees.[2]

Jare en die Vyf Elemente

Mense wat binne dié datums gebore is, is in die Jaar van die Slang gebore, met ook die volgende elementêre teken:

BegindatumEinddatumHemelse tak
10 Februarie 192929 Januarie 1930Aardslang
27 Januarie 194114 Februarie 1942Metaalslang
14 Februarie 19532 Februarie 1954Waterslang
2 Februarie 196520 Januarie 1966Houtslang
18 Februarie 19776 Februarie 1978Vuurslang
6 Februarie 198926 Januarie 1990Aardslang
24 Januarie 200111 Februarie 2002Metaalslang
10 Februarie 201330 Januarie 2014Waterslang
29 Januarie 202516 Februarie 2026Houtslang
15 Februarie 20373 Februarie 2038Vuurslang

Let wel dat ’n nuwe teken van die diereriem in Japan op 1 Januarie begin, terwyl dit in China begin volgens die tradisionele Chinese kalender: op die donkermaan wat tussen 21 Januarie en 20 Februarie val. Mense wat in Januarie of Februarie gebore is, kan dus in die twee lande onder verskillende tekens val.

Slange en hul maats

TekenBeste maatsGemiddelde maatsSlegte maats
SlangSlang, Haan, OsDraak, Aap, Rot, Hond, Tier, Perd, Konyn, BokVark

Basiese astrologiese elemente

Aardse tak van geboortejaarSi
Die Vyf ElementeVuur
Jin/jangJin
Maanmaand:Vierde
Gelukkige nommers2, 8; vermy: 1, 6, 7
Gelukkige blommeOrgidee, kaktus
Gelukkige kleureRooi, geel, swart; vermy: wit, goud, bruin[3]
Seisoen:Somer
Naaste Westerse tekenBul

Sien ook

Verwysings

Bronne

  • Eberhard, Wolfram (2003 [Duitse weergawe 1986]), A Dictionary of Chinese Symbols: Hidden Symbols in Chinese Life and Thought. Londen, New York: Routledge. ISBN 0-415-00228-1
  • Vietnam Veterans for Factual History. Indochina in the Year of the Snake, 1965. p. 288. ISBN 9781929932658.

Eksterne skakels

Vorige teken
Draak (辰)
Slang (巳)Volgende teken
Perd (午)