Snakerivier

Die Snakerivier (Engels: Snake River) is 'n groot noordwes-vloeiende rivier in die noordwestelike Verenigde State. Die Snakerivierhet 'n lengte van 1 735 km en is die grootste sytak van die Columbiarivier, die waterrykste rivier in Noord-Amerika, wat in die Stille Oseaan uitmond, asook die langste rivier in die Pasifiese Noordweste van Noord-Amerika.[6]

Snakerivier
Die Snakerivier aan die Perrine Bridge in Twin Falls.
Die Snakerivier aan die Perrine Bridge in Twin Falls.
Die Snakerivier aan die Perrine Bridge in Twin Falls.

Die stroomgebied van die Snakerivier.

OorsprongRotsgebergte, Yellowstone Nasionale Park, Wyoming (VSA)
MondingFranklin / Walla Walla-counties naby Burbank, Washington, Verenigde State
Columbiarivier
StroomgebiedWyoming, Idaho, Oregon, Washington (Verenigde State)
Lengte1 735 km (1 078 myl)[1][2]
Oorspronghoogte2 721 m (8 927 voet)[3]
Mondinghoogte109 m (358 voet)
Gemiddelde afloop1 550 m³/s (54 830 ft³/s)[4]
Stroomgebiedopp.278 450 km² (107 510 myl²)[5]
Kaart van die Snakerivier-bekken in Noord-Amerika.
Kaart van die Snakerivier-bekken in Noord-Amerika.
Die Snakerivier soos voor die Teton-gebergtes

Die Snakerivier ontspring in die Yellowstone Nasionale Park in die Rotsgebergte, Wyoming, en vloei in suidelike rigting deur die Grand-Teton-Nasionale Park. Na die Snake River Canyon vloei die rivier in westelike rigting en bereik die Snake River Plain, 'n wye vlakte, wat oor 600 km oor die suidelike Idaho streek. Die Snakerivier vloei naby stede soos Idaho Falls, Pocatello, Twin Falls en Boise. Vanaf hier vorm die rivier die grens tussen die Amerikaanse deelstate Idaho en Oregon. Net suid van Lewiston vloei die Snakerivier deur die Hells Canyon, met 'n diepte van 2 410 een van die diepste klowe ter wêreld. Hier bereik die rivier die deelstaat Washington en mond naby Pasco in die Columbiarivier uit.

Verwysings