Stade Chaban-Delmas

Die Stade Chaban-Delmas is 'n stadion in die Suidwes-Franse metropool Bordeaux wat tussen 1938 en 2015 veral as tuisveld vir die plaaslike sokkerspan Girondins des Bordeaux gedien het en sedert 2011 die rugbyspan Union Bordeaux Bègles huisves. Die stadion se naam is in 2001 gewysig; dit het vroeër bekend gestaan as Stade du Parc Lescure en dra tans die naam van die politikus Jacques Chaban-Delmas wat in die periode tussen 1947 en 1995 die amp van burgemeester van Bordeaux beklee het.

Stade Chaban-Delmas
Binnekant van die Stade Chaban-Delmas

BynaamLescure
Volle naamStade Jacques Chaban-Delmas
LiggingBordeaux, Frankryk
Koördinate44°49′45″N 0°35′52″W / 44.82917°N 0.59778°W / 44.82917; -0.59778 0°35′52″W / 44.82917°N 0.59778°W / 44.82917; -0.59778
EienaarStad Bordeaux
Kapasiteit34 694
OppervlakGras
Konstruksie
Gebou1930
Geopen12 Junie 1938
Renovasie1938, 1987, 1998, 2008
Uitgebrei1935
ArgitekRené Buthaud
Jacques d'Welles
Raoul Jourde
Huurders
FC Girondins de Bordeaux (1938–2015)
Union Bordeaux Bègles (2011–hede)
Die Stade Chaban-Delmas se ingang

Die aantal sitplekke is by die voorskrifte van internasionale wedstryde soos die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1998 aangepas en beloop tans 34 694. Sedert die somer van 2007 beskik die stadion oor twee reuseskerms met 'n oppervlak van 37 vierkante meter elk wat ter geleentheid van die Rugbywêreldbeker 2007 geïnstalleer is.

Die stadion is in 1935 in die vorm van 'n fietssportstadium (Frans: stade vélodrome) opgerig, en in 1938 is wedstryde van die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi hier gehou. Dit was die eerste stadion ter wêreld wat oor volledig oordekte tribunes beskik het sonder enige pilaar wat die sig van die toeskouers belemmer het. Vanweë sy klassifisering as 'n historiese monument moet 'n aantal probleme by die stadion se herstel oorkom word. Die stadiondak beskerm nog die sitplekke wat ná die jaar 1984 op die ou fietsrenbaan opgerig is, nog die voormalige draaie.

Die tonnel wat die spelers se kleedkamers met die speelveld verbind, is met byna 120 meter die langste in Europa.

Op 19 Julie 2011 het die FC Girondins de Bordeaux sy plane bekend gemaak om 'n nuwe stadion opterig, geleë in Bordeaux-Lac en met plek vir 42 114 toeskouers. Die konstruksie aan die Nouveau Stade de Bordeaux het in 2013 begin en in April 2015 geëindig.

Wedstryde

FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1938

DatumTydSpan 1TellingSpan 2RondteToeskouers
12 Junie 193817:00  Brasilië1–1 (e.t.)  Tsjeggo-SlowakyeKwarteindrondte22 021
14 Junie 193818:00  Brasilië2–1  Tsjeggo-SlowakyeHerhaling18 141
19 Junie 193817:00  Swede2–4  BrasiliëKlein finale12 000

FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1998

DatumTydSpan 1TellingSpan 2RondteToeskouers
11 Junie 199817:30  Italië2–2  ChiliGroep B31 800
16 Junie 199817:30  Skotland1–1  NoorweëGroep A31 800
20 Junie 199817:30  België2–2  MeksikoGroep E31 800
24 Junie 199816:00  Suid-Afrika2–2  Saoedi-ArabiëGroep C31 800
26 Junie 199816:00  Argentinië1–0  KroasiëGroep H31 800
30 Junie 199816:30  Roemenië0–1  KroasiëAgtste eindrondte31 800

Rugbywêreldbeker 1999

DatumTydSpan 1TellingSpan 2RondteToeskouers
8 Oktober 199921:00 Frankryk47–13 NamibiëGroep C34 030
9 Oktober 199913:30 Fidji38–22 KanadaGroep C27 000

Rugbywêreldbeker 2007

DatumTydSpan 1TellingSpan 2RondteToeskouers
9 September 200720:00   Ierland32–17 NamibiëGroep D33 694
15 September 200721:00   Ierland14–10 GeorgiëGroep D33 807
25 September 200718:00 Kanada12–12 JapanGroep B33 810
29 September 200715:00 Australië37–6 KanadaGroep B35 200

Eksterne skakels