FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1998

Die 16de FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi (Frans: Coupe du Monde – France 98; Engels: FIFA World Cup) is vanaf 10 Junie tot 12 Julie 1998 in Frankryk aangebied. Dit was die tweede Sokker-Wêreldbekertoernooi wat in Frankryk aangebied is, ná die 1938-toernooi, en die negende in Europa. Frankryk het daarmee die derde land geword wat die toernooi vir ’n tweede keer gehuisves het, net ná Meksiko in 1986 en Italië in 1990.

FIFA Sokker-Wêreldbeker
Coupe du Monde – France 98
Toernooi-inligting
Gasheerland Vlag van Frankryk Frankryk
Datums 10 Junie – 12 Julie
Spanne 32 (van 5 konfederasies)
Stadions 10 (in 10 stede)
Finale uitslag
Kampioene Vlag van Frankryk Frankryk (1 titel)
Tweede plek Vlag van Brasilië Brasilië
Derde plek Vlag van Kroasië Kroasië
Vierde plek Vlag van Nederland Nederland
Toernooi-statistieke
Wedstryde gespeel 64
Doele 171 (2.67 per wedstryd)
Bywoning 2 785 100 (43 517 per wedstryd)
Meeste punte Vlag van Kroasië Davor Šuker (6 doele)[1]
Beste speler Vlag van Brasilië Ronaldo
1994
2002
Die Sokker-Wêreldbekertrofee waarom meegeding is

32 nasionale sokkerspanne het aan die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1998 deelgeneem. Die spanne is in agt groepe verdeel, waarvan die twee beste spanne van elke groep na die agtste eindrondte deurgedring het. Frankryk het die trofee gewen nadat hulle die verdedigende kampioen Brasilië met 3–0 in die eindstryd geklop en sodoende hul eerste wêreldbekertitel ingepalm het. Frankryk het die sewende nasie geword om ’n Wêreldbekertoernooi te wen en hulle was ook die sesde gasheer ná Uruguay in 1930, Italië in 1934, Engeland in 1966, Wes-Duitsland in 1974 en Argentinië in 1978 wat die toernooi gewen het. Met sy verowering van die wêreldbekertitel het Frankryk regstreeks vir die FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2001 in Suid-Korea en Japan gekwalifiseer. Kroasië het in die derde en Nederland in die vierde plek geëindig. Dit was die eerste toernooi waartydens die goue doel-reël vir die beslissing van ’n wedstryd ingespan is, maar dié reël is reeds ná die volgende 2002-toernooi weer geskrap.

Die Suid-Afrikaanse nasionale sokkerspan het vir die eerste keer aan die toernooi deelgeneem, maar hulle is reeds in die groepfase uitgeskakel. Die nasionale sokkerspanne van Jamaika, Japan en Kroasië het ook vir die eerste keer aan ’n Sokker-Wêreldbekertoernooi deelgeneem. Dit was die eerste toernooi met die nuwe aantal van 32 nasionale sokkerspanne, wat verhoog is van die vorige 24 deelnemers tussen die Sokker-Wêreldbekertoernooie van 1982 tot 1994.

Toewysing

Frankryk is op 1 Julie 1992 in Zürich deur FIFA gekies as gasheer vir die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1998. Ander kandidaatlande was Marokko en Switserland, maar Switserland het voor die stemming hulself onttrek.

Die stemming het as volg verloop:

Stemming vir gasheer van die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1998[2]
LandRondte 1
 Frankryk12
 Marokko7

Kwalifisering

Die gasheer Frankryk en die verdedigende kampioen Brasilië het regstreeks vir die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1998 gekwalifiseer. Van die 30 oorblywende plekke is 14 vir nasionale sokkerspanne van UEFA (Europa) gereserveer, vyf vir CAF (Afrika), vier vir CONMEBOL (Suid-Amerika), drie vir AFC (Asië) en drie vir CONCACAF (Karibiese gebied, Noord- en Sentraal-Amerika). Een plek is tydens ’n uitspeelwedstryd tussen AFC en OFC (Oseanië) beslis.

Kwalifiserende spanne

Die volgende 32 spanne het vir die finale toernooi gekwalifiseer:[3]

Uitslag van die kwalifisering:

   Geen deelname

   Land het homself onttrek of is nie deur FIFA aanvaar nie

   Land het nie gekwalifiseer nie

   Land het gekwalifiseer

SpanVerskynings by eindstrydeAgtereenvolgende deelnamesLaaste verskyningVorige beste prestasie
 Argentinië12de71994Kampioen (1978, 1986)
 België10de51994Vierde plek (1986)
 Brasilië16de161994Kampioen (1958, 1962, 1970, 1994)
 Bulgarye7de21994Vierde plek (1994)
 Chili7de11982Derde plek (1962)
 Colombia4de31994Agtste eindrondte (1990)
 Denemarke2de11986Agtste eindrondte (1986)
 Duitsland14de121994Kampioen (1954, 1974, 1990)
 Engeland10de11990Kampioen (1966)
 Frankryk10de11986Derde plek (1958, 1986)
 Iran2de11978Groepfase (1978)
 Italië14de101994Kampioen (1934, 1938, 1982)
 Jamaika1ste1Debuut
 Japan1ste1Debuut
 Joego-Slawië9de11990Vierde plek (1930, 1962)
 Kameroen4de31994Kwarteindrondte (1990)
 Kroasië1ste1Debuut
 Marokko4de21994Agtste eindrondte (1986)
 Meksiko11de21994Kwarteindrondte (1970, 1986)
 Nederland7de31994Naaswenner (1974, 1978)
 Nigerië2de21994Agtste eindrondte (1994)
 Noorweë3de21994Agtste eindrondte (1938)
 Oostenryk7de11990Derde plek (1954)
 Paraguay5de11986Agtste eindrondte (1986)
 Roemenië7de31994Kwarteindrondte (1994)
 Saoedi-Arabië2de21994Agtste eindrondte (1994)
 Skotland8ste11990Groepfase (1954, 1958, 1974, 1978, 1982, 1986, 1990)
 Spanje10de61994Vierde plek (1950)
 Suid-Afrika1ste1Debuut
 Suid-Korea5de41994Groepfase (1954, 1986, 1990, 1994)
 Tunisië2de11978Groepfase (1978)
 Verenigde State6de31994Derde plek (1930)

Stadions

Wedstryde is in die volgende stede gespeel:

Saint-DenisMarseilleParysLyon
Stade de FranceStade VélodromeParc des PrincesStade de Gerland
48°55′28″N 2°21′36.7″O / 48.92444°N 2.360194°O / 48.92444; 2.360194 (Stade de France)43°16′11.4″N 5°23′45.3″O / 43.269833°N 5.395917°O / 43.269833; 5.395917 (Stade Vélodrome)48°50′29.3″N 2°15′10.8″O / 48.841472°N 2.253000°O / 48.841472; 2.253000 (Parc des Princes)45°43′25.5″N 4°49′57″O / 45.723750°N 4.83250°O / 45.723750; 4.83250 (Stade de Gerland)
Kapasiteit: 80 000Kapasiteit: 60 000Kapasiteit: 48 875Kapasiteit: 44 000
Lens
FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1998 (Frankryk)
Stade Félix-Bollaert
50°25′58.3″N 2°48′53.5″O / 50.432861°N 2.814861°O / 50.432861; 2.814861 (Stade Félix Bollaert)
Kapasiteit: 41 300
Nantes
Stade de la Beaujoire
47°15′21.6″N 1°31′28.9″W / 47.256000°N 1.524694°W / 47.256000; -1.524694 (Stade de la Beaujoire)
Kapasiteit: 39 500
ToulouseSaint-ÉtienneBordeauxMontpellier
Stade de ToulouseStade Geoffroy-GuichardParc LescureStade de la Mosson
43°35′0″N 1°26′3″O / 43.58333°N 1.43417°O / 43.58333; 1.43417 (Stadium de Toulouse)45°27′38.7″N 4°23′24.6″O / 45.460750°N 4.390167°O / 45.460750; 4.390167 (Stade Geoffroy-Guichard)44°49′45″N 0°35′54″W / 44.82917°N 0.59833°W / 44.82917; -0.59833 (Parc Lescure)43°37′19.9″N 3°48′43.3″O / 43.622194°N 3.812028°O / 43.622194; 3.812028 (Stade de la Mosson)
Kapasiteit: 37 000Kapasiteit: 36 000Kapasiteit: 35 200Kapasiteit: 34 000

Formaat

Die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1998 is oor 32 dae tussen 32 verskillende nasies oor 64 wedstryde uitgespeel. Dit het op 10 Junie 1998 op die Stade de France in Saint-Denis met ’n wedstryd tussen die verdedigende kampioen Brasilië en Skotland afgeskop. Die toernooi het geëindig by dieselfde stadion op 12 Julie met die eindstryd tussen Brasilië en Frankryk, waartydens die gasheer die Sokker-Wêreldbekertrofee ingepalm het.[4]

Kalender

Die volgende tabel dui die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1998 se daaglikse program aan. ’n Pers blokkie dui op wedstryde tydens die groepfase, ’n groen blokkie op wedstryde tydens die uitklopfase, ’n blou blokkie op die bronseindstryd en ’n geel blokkie op die eindstryd.

Aantal daaglikse wedstryde tydens die toernooi
Groepfase
Junie
Wo
10
Do
11
Vr
12
Sa
13
So
14
Ma
15
Di
16
Wo
17
Do
18
Vr
19
Sa
20
So
21
Ma
22
Di
23
Wo
24
Do
25
Vr
26
SeremoniesOS
Groep A222
Groep B222
Groep C222
Groep D1122
Groep E222
Groep F1122
Groep G222
Groep H2112
Uitklopfase
Junie/Julie
Sa
27
So
28
Ma
29
Di
30
Wo
1
Do
2
Vr
3
Sa
4
So
5
Ma
6
Di
7
Wo
8
Do
9
Vr
10
Sa
11
So
12
SeremoniesSS
Uitklopfase2222221111
Legende

   Seremonies

   Groepwedstryde

   Uitklopfase

   Derde plek

   Eindstryd

Groepfase

Die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1998 is deur 32 nasionale sokkerspanne uitgespeel. Vir die groepfase is die 32 deelnemende spanne in agt groepe van vier spanne elk verdeel; elke span het een wedstryd teen elk van die ander spanne in dieselfde groep gespeel, dus het elke span drie wedstryde in die groepfase gespeel. Drie punte is vir ’n oorwinning toegeken, een vir ’n gelykop en geen punte vir ’n nederlaag: spanne wat met dieselfde aantal punte geëindig het, is volgens aangetekende doele gerangskik.

Klassifisering binne elke groep was gegrond op die volgende puntestelsel:

  • Drie wedstrydpunte vir ’n oorwinning;
  • Een vir ’n gelykop;
  • geen vir ’n nederlaag.

Aan die einde van die groepfase is die spanne gerangskik van die eerste na die vierde posisie, gegrond op versamelde wedstrydpunte, met die twee top spanne wat na die uitklopfase deurgedring het. As twee spanne gelyk op punte was, is die rangorde deur hul aantal aangetekende doele bepaal.

Uitklopfase

Van die begin van dié fase af het die toernooi ’n uitklopformaat aangeneem wat uit 16 wedstryde bestaan het: agt agtste eindstryde, vier kwarteindstryde, twee halfeindstryde, ’n derdeplekwedstryd en die eindstryd.

Die wenner en naaswenner van elk van die groepe het na die uitklopfase deurgedring. Groepwenners het teen naaswenners in ander groepe in die agtste eindstryde gespeel, byvoorbeeld: die wenner van Groep A het teen die naaswenner van Groep B en die wenner van Groep B het teen die naaswenner van Groep A gespeel. Spanne van dieselfde groep sou dus eers weer in óf die klein finale óf die eindstryd kon ontmoet het.

Elke wedstryd in die uitklopstadium moes met ’n oorwinning vir een van die spanne eindig. As daar ná negentig minute van gewone spel ’n gelykopuitslag was, is daar verder gespeel om die wenner te bepaal. Aanvanklik is daar twee periodes van ekstra tyd gespeel, 15 minute in elke rigting, waartydens die wedstryd deur die aantekening ’n goue doel dadelik beslis kon word. As daar steeds nie ’n wenner was ná 120 minute nie, is die wenner deur ’n strafskopkompetisie bepaal.

Wedstryde

Kwalifiseer vir die uitklopfase.
Uit die toernooi geskakel.

Die wedstryde is in twee fases opgedeel, naamlik die groep- en die uitklopfase. Die loting is op 4 Desember 1997 in die Stade Vélodrome in Marseille gehou.

Groepfase

32 spanne het aan die groepfase deelgeneem. Die boonste twee spanne in elke groep het na die uitklopfase deurgedring.

Groep A

LandWedWenGelVerDVDT+/–Pte
 Brasilië320163+36
 Noorweë312054+15
 Marokko311155±04
 Skotland301226–41

10 Junie 1998
17:30
 Brasilië2–1  SkotlandStade de France, Saint-Denis
Toeskouers: 80 000
Skeidsregter: José Garcia Aranda (Spanje)
César Sampaio 4'
Boyd 73' (e.d.)
Verslag 38' (straf) Collins

10 Junie 1998
21:00
 Marokko2–2  NoorweëStade de la Mosson, Montpellier
Toeskouers: 29 800
Skeidsregter: Pirom Un-Prasert (Thailand)
Hadji 38'
Hadda 59'
Verslag 46' (e.d.) Chippo
60' Eggen

16 Junie 1998
17:30
 Skotland1–1  NoorweëParc Lescure, Bordeaux
Toeskouers: 31 800
Skeidsregter: László Vagner (Hongarye)
Burley 66'Verslag 46' H. Flo

16 Junie 1998
21:00
 Brasilië3–0  MarokkoStade de la Beaujoire, Nantes
Toeskouers: 35 500
Skeidsregter: Nikolai Lefnikof (Rusland)
Ronaldo 9'
Rivaldo 45+2'
Bebeto 50'
Verslag

23 Junie 1998
21:00
 Brasilië1–2  NoorweëStade Vélodrome, Marseille
Toeskouers: 55 000
Skeidsregter: Esfandiar Baharmast (VSA)
Bebeto 78'Verslag 83' T. A. Flo
88' (straf) Rekdal

23 Junie 1998
21:00
 Skotland0–3  MarokkoStade Geoffroy-Guichard, Saint-Étienne
Toeskouers: 30 600
Skeidsregter: Ali Bujsaim (Verenigde Arabiese Emirate)
Verslag 22', 85' Bassir
46' Hadda

Groep B

LandWedWenGelVerDVDT+/–Pte
 Italië321073+47
 Chili303044±03
 Oostenryk302134–12
 Kameroen302125–32

11 Junie 1998
17:30
 Italië2–2  ChiliParc Lescure, Bordeaux
Toeskouers: 31 800
Skeidsregter: Lucien Bouchardeau (Niger)
Vieri 10'
R. Baggio 85' (straf)
Verslag 45', 49' Salas

11 Junie 1998
21:00
 Kameroen1–1  OostenrykStade de Toulouse, Toulouse
Toeskouers: 33 460
Skeidsregter: Epifanio González (Paraguay)
Njanka 78'Verslag 90' Polster

17 Junie 1998
17:30
 Chili1–1  OostenrykStade Geoffroy-Guichard, Saint-Étienne
Toeskouers: 30 600
Skeidsregter: Gamal Al-Ghandour (Egipte)
Salas 70'Verslag 90' Vastić

17 Junie 1998
21:00
 Italië3–0  KameroenStade de la Mosson, Montpellier
Toeskouers: 29 800
Skeidsregter: Edward Lennie (Australië)
Di Biagio 7'
Vieri 75', 89'
Verslag

23 Junie 1998
16:00
 Italië2–1  OostenrykStade de France, Saint-Denis
Toeskouers: 80 000
Skeidsregter: Paul Durkin (Engeland)
Vieri 49'
R. Baggio 89'
Verslag 90' (straf) Herzog

23 Junie 1998
16:00
 Chili1–1  KameroenStade de la Beaujoire, Nantes
Toeskouers: 35 500
Skeidsregter: László Vágner (Hongarye)
Sierra 20'Verslag 55' M'Boma

Groep C

LandWedWenGelVerDVDT+/–Pte
 Frankryk330091+89
 Denemarke311133±04
 Suid-Afrika302136–32
 Saoedi-Arabië301227–51

12 Junie 1998
17:30
 Saoedi-Arabië0–1  DenemarkeStade Félix-Bollaert, Lens
Toeskouers: 38 140
Skeidsregter: Javier Castrilli (Argentinië)
Verslag 69' Rieper

12 Junie 1998
21:00
 Frankryk3–0  Suid-AfrikaStade Vélodrome, Marseille
Toeskouers: 55 000
Skeidsregter: Márcio Rezende de Freitas (Brasilië)
Dugarry 36'
Issa 77' (e.d.)
Henry 90+2'
Verslag

18 Junie 1998
17:30
 Suid-Afrika1–1  DenemarkeStade de Toulouse, Toulouse
Toeskouers: 33 300
Skeidsregter: John Toro Rendón (Colombia)
McCarthy 51'Verslag 12' Nielsen

18 Junie 1998
21:00
 Frankryk4–0  Saoedi-ArabiëStade de France, Saint-Denis
Toeskouers: 80 000
Skeidsregter: Arturo Brizio Carter (Meksiko)
Henry 37', 78'
Trezeguet 68'
Lizarazu 85'
Verslag

24 Junie 1998
16:00
 Frankryk2–1  DenemarkeStade de Gerland, Lyon
Toeskouers: 39 100
Skeidsregter: Pierluigi Collina (Italië)
Djorkaeff 12' (straf)
Petit 56'
Verslag 42' (straf) M. Laudrup

24 Junie 1998
16:00
 Suid-Afrika2–2  Saoedi-ArabiëParc Lescure, Bordeaux
Toeskouers: 31 800
Skeidsregter: Mario Sánchez (Chili)
Bartlett 18', 90+3' (straf)Verslag 45+2' (straf) Al-Jaber
74' (straf) Al-Thunayan

Groep D

LandWedWenGelVerDVDT+/–Pte
 Nigerië320155±06
 Paraguay312031+25
 Spanje311184+44
 Bulgarye301217–61

12 Junie 1998
14:30
 Paraguay0–0  BulgaryeStade de la Mosson, Montpellier
Toeskouers: 27 650
Skeidsregter: Abdul Rahman Al-Zeid (Saoedi-Arabië)
Verslag

13 Junie 1998
14:30
 Spanje2–3  NigeriëStade de la Beaujoire, Nantes
Toeskouers: 33 257
Skeidsregter: Esfandiar Baharmast (VSA)
Hierro 20'
Raúl 46'
Verslag 24' Adepoju
72' Lawal
77' Oliseh

19 Junie 1998
17:30
 Nigerië1–0  BulgaryeParc des Princes, Parys
Toeskouers: 45 500
Skeidsregter: Mario Sánchez Yanten (Chili)
Ikpeba 26'Verslag

19 Junie 1998
21:00
 Spanje0–0  ParaguayStade Geoffroy-Guichard, Saint-Étienne
Toeskouers: 30 600
Skeidsregter: Ian McLeod (Suid-Afrika)
Verslag

24 Junie 1998
21:00
 Nigerië1–3  ParaguayStade de Toulouse, Toulouse
Toeskouers: 33 500
Skeidsregter: Pirom Un-Prasert (Thailand)
Oruma 10'Verslag 1' Ayala
58' Benítez
86' Cardozo

24 Junie 1998
21:00
 Spanje6–1  BulgaryeStade Félix-Bollaert, Lens
Toeskouers: 38 100
Skeidsregter: Mario van der Ende (Nederland)
Hierro 5' (straf)
Luis Enrique 18'
Morientes 53', 80'
Kiko 88', 90'
Verslag 56' Kostadinof

Groep E

LandWedWenGelVerDVDT+/–Pte
 Nederland312072+55
 Meksiko312075+25
 België303033±03
 Suid-Korea301229–71

13 Junie 1998
17:30
 Suid-Korea1–3  MeksikoStade de Gerland, Lyon
Toeskouers: 39 100
Skeidsregter: Günter Benkö (Oostenryk)
Ha Seok-ju 28'Verslag 51' Peláez
74', 84' Hernández

13 Junie 1998
21:00
 Nederland0–0  BelgiëStade de France, Saint-Denis
Toeskouers: 75 000
Skeidsregter: Pierluigi Collina (Italië)
Verslag

20 Junie 1998
17:30
 België2–2  MeksikoParc Lescure, Bordeaux
Toeskouers: 31 800
Skeidsregter: Hugh Dallas (Skotland)
Wilmots 43', 47'Verslag 55' (straf) García Aspe
62' Blanco

20 Junie 1998
21:00
 Nederland5–0  Suid-KoreaStade Vélodrome, Marseille
Toeskouers: 55 000
Skeidsregter: Ryszard Wójcik (Pole)
Cocu 38'
Overmars 42'
Bergkamp 71'
Van Hooijdonk 80'
R. de Boer 83'
Verslag

25 Junie 1998
16:00
 Nederland2–2  MeksikoStade Geoffroy-Guichard, Saint-Étienne
Toeskouers: 30 600
Skeidsregter: Abdul Rahman Al-Zeid (Saoedi-Arabië)
Cocu 4'
R. de Boer 18'
Verslag 75' Peláez
90+4' Hernández

25 Junie 1998
16:00
 België1–1  Suid-KoreaParc des Princes, Parys
Toeskouers: 45 500
Skeidsregter: Márcio Rezende de Freitas (Brasilië)
Nilis 7'Verslag 71' Yu Sang-cheol

Groep F

LandWedWenGelVerDVDT+/–Pte
 Duitsland321062+47
 Joego-Slawië321042+27
 Iran310224–23
 Verenigde State300315–40

14 Junie 1998
17:30
 Joego-Slawië1–0  IranStade Geoffroy-Guichard, Saint-Étienne
Toeskouers: 30 392
Skeidsregter: Alberto Tejada (Peru)
Mihajlović 72'Verslag

15 Junie 1998
21:00
 Duitsland2–0  Verenigde StateParc des Princes, Parys
Toeskouers: 43 815
Skeidsregter: Said Belqola (Marokko)
Möller 8'
Klinsmann 64'
Verslag

21 Junie 1998
14:30
 Duitsland2–2  Joego-SlawiëStade Félix-Bollaert, Lens
Toeskouers: 38 100
Skeidsregter: Kim Milton Nielsen (Denemarke)
Mihajlović 73' (e.d.)
Bierhoff 80'
Verslag 13' Mijatović
54' Stojković

21 Junie 1998
21:00
 Verenigde State1–2  IranStade de Gerland, Lyon
Toeskouers: 39 100
Skeidsregter: Urs Meier (Switserland)
McBride 87'Verslag 40' Estili
84' Mahdavikia

25 Junie 1998
21:00
 Verenigde State0–1  Joego-SlawiëStade de la Beaujoire, Nantes
Toeskouers: 35 500
Skeidsregter: Gamal Al-Ghandour (Egipte)
Verslag 4' Komljenović

25 Junie 1998
21:00
 Duitsland2–0  IranStade de la Mosson, Montpellier
Toeskouers: 29 800
Skeidsregter: Epifanio González (Paraguay)
Bierhoff 50'
Klinsmann 57'
Verslag

Groep G

LandWedWenGelVerDVDT+/–Pte
 Roemenië321042+27
 Engeland320152+36
 Colombia310213–23
 Tunisië301214–31

15 Junie 1998
14:30
 Engeland2–0  TunisiëStade Vélodrome, Marseille
Toeskouers: 54 587
Skeidsregter: Masayoshi Okada (Japan)
Shearer 43'
Scholes 89'
Verslag

15 Junie 1998
17:30
 Roemenië1–0  ColombiaStade de Gerland, Lyon
Toeskouers: 37 572
Skeidsregter: Lim Kee Chong (Mauritius)
Ilie 45'Verslag

22 Junie 1998
17:30
 Colombia1–0  TunisiëStade de la Mosson, Montpellier
Toeskouers: 29 800
Skeidsregter: Bernd Heynemann (Duitsland)
Preciado 83'Verslag

22 Junie 1998
21:00
 Roemenië2–1  EngelandStade de Toulouse, Toulouse
Toeskouers: 33 500
Skeidsregter: Marc Batta (Frankryk)
Moldovan 47'
Petrescu 90'
Verslag 79' Owen

26 Junie 1998
21:00
 Colombia0–2  EngelandStade Félix-Bollaert, Lens
Toeskouers: 38 100
Skeidsregter: Arturo Brizio Carter (Meksiko)
Verslag 20' Anderton
29' Beckham

26 Junie 1998
21:00
 Roemenië1–1  TunisiëStade de France, Saint-Denis
Toeskouers: 77 000
Skeidsregter: Edward Lennie (Australië)
Moldovan 72'Verslag 10' (straf) Souayah

Groep H

LandWedWenGelVerDVDT+/–Pte
 Argentinië330070+79
 Kroasië320142+26
 Jamaika310239–63
 Japan300314–30

14 Junie 1998
14:30
 Argentinië1–0  JapanStade de Toulouse, Toulouse
Toeskouers: 33 400
Skeidsregter: Mario van der Ende (Nederland)
Batistuta 28'Verslag

14 Junie 1998
21:00
 Jamaika1–3  KroasiëStade Félix-Bollaert, Lens
Toeskouers: 38 058
Skeidsregter: Vítor Melo Pereira (Portugal)
Earle 45'Verslag 27' Stanić
53' Prosinečki
69' Šuker

20 Junie 1998
14:30
 Japan0–1  KroasiëStade de la Beaujoire, Nantes
Toeskouers: 35 500
Skeidsregter: Ramesh Ramdhan (Trinidad en Tobago)
Verslag 77' Šuker

21 Junie 1998
17:30
 Argentinië5–0  JamaikaParc des Princes, Parys
Toeskouers: 45 000
Skeidsregter: Rune Pedersen (Noorweë)
Ortega 31', 55'
Batistuta 72', 80', 82' (straf)
Verslag

26 Junie 1998
16:00
 Argentinië1–0  KroasiëParc Lescure, Bordeaux
Toeskouers: 31 800
Skeidsregter: Said Belqola (Marokko)
Pineda 36'Verslag

26 Junie 1998
16:00
 Japan1–2  JamaikaStade de Gerland, Lyon
Toeskouers: 39 100
Skeidsregter: Günter Benkö (Oostenryk)
Nakayama 74'Verslag 39', 54' Whitmore

Uitklopfase

Agtste eindrondteKwarteindrondteHalfeindrondteEindstryd
              
27 Junie – Parys      
   Brasilië 4
3 Julie – Nantes
   Chili 1 
   Brasilië 3
28 Junie – Saint-Denis
    Denemarke 2 
   Nigerië 1
7 Julie – Marseille
   Denemarke 4 
   Brasilië 1
(4)
29 Junie – Toulouse
    Nederland 1
(2)
 
   Nederland 2
4 Julie – Marseille
   Joego-Slawië 1 
   Nederland 2
30 Junie – Saint-Étienne
    Argentinië 1 
   Argentinië 2
(4)
12 Julie – Saint-Denis
   Engeland 2
(3)
 
   Brasilië 0
27 Junie – Marseille
    Frankryk 3
   Italië 1
3 Julie – Saint-Denis
   Noorweë 0 
   Italië 0
(3)
28 Junie – Lens
    Frankryk 0
(4)
 
   Frankryk 1
8 Julie – Saint-Denis
   Paraguay 0 
   Frankryk 2
29 Junie – Montpellier
    Kroasië 1 derde plek
   Duitsland 2
4 Julie – Lyon11 Julie – Parys
   Meksiko 1 
   Duitsland 0   Nederland 1
30 Junie – Bordeaux
    Kroasië 3    Kroasië 2
   Roemenië 0
   Kroasië 1 

Agtste eindrondte


27 Junie 1998
16:30
 Italië1–0  NoorweëStade Vélodrome, Marseille
Toeskouers: 55 000
Skeidsregter: Bernd Heynemann (Duitsland)
Vieri 18'Verslag

27 Junie 1998
21:00
 Brasilië4–1  ChiliParc des Princes, Parys
Toeskouers: 45 500
Skeidsregter: Marc Batta (Frankryk)
César Sampaio 11', 27'
Ronaldo 45+1' (straf), 70'
Verslag 68' Salas

28 Junie 1998
16:30
 Frankryk1–0 (e.t.)  ParaguayStade Félix-Bollaert, Lens
Toeskouers: 38 100
Skeidsregter: Ali Bujsaim (Verenigde Arabiese Emirate)
Blanc  113' Verslag

28 Junie 1998
21:00
 Nigerië1–4  DenemarkeStade de France, Saint-Denis
Toeskouers: 77 000
Skeidsregter: Urs Meier (Switserland)
Babangida 78'Verslag 3' Møller
12' B. Laudrup
60' Sand
76' Helveg

29 Junie 1998
16:30
 Duitsland2–1  MeksikoStade de la Mosson, Montpellier
Toeskouers: 29 800
Skeidsregter: Vítor Melo Pereira (Portugal)
Klinsmann 75'
Bierhoff 86'
Verslag 47' Hernández

29 Junie 1998
21:00
 Nederland2–1  Joego-SlawiëStade de Toulouse, Toulouse
Toeskouers: 33 500
Skeidsregter: José Garcia Aranda (Spanje)
Bergkamp 38'
Davids 90+2'
Verslag 48' Komljenović

30 Junie 1998
16:30
 Roemenië0–1  KroasiëParc Lescure, Bordeaux
Toeskouers: 31 800
Skeidsregter: Javier Castrilli (Argentinië)
Verslag 45+2' (straf) Šuker

30 Junie 1998
21:00
 Argentinië2–2 (e.t.)  EngelandStade Geoffroy-Guichard, Saint-Étienne
Toeskouers: 30 600
Skeidsregter: Kim Milton Nielsen (Denemarke)
Batistuta 6' (straf)
Zanetti 45+1'
Strafskoppe
Berti
Crespo
Verón
Gallardo
Ayala
Verslag
Strafskoppe
4–3
10' (straf) Shearer
16' Owen
Strafskoppe
Shearer
Ince
Merson
Owen
Batty

Kwarteindrondte


3 Julie 1998
16:30
 Italië0–0 (e.t.)  FrankrykStade de France, Saint-Denis
Toeskouers: 77 000
Skeidsregter: Hugh Dallas (Skotland)
Strafskoppe
R. Baggio
Albertini
Costacurta
Vieri
Di Biagio
Verslag
Strafskoppe
3–4
Strafskoppe
Zidane
Lizarazu
Trezeguet
Henry
Blanc

3 Julie 1998
21:00
 Brasilië3–2  DenemarkeStade de la Beaujoire, Nantes
Toeskouers: 35 500
Skeidsregter: Gamal Al-Ghandour (Egipte)
Bebeto 11'
Rivaldo 27', 60'
Verslag 2' Jørgensen
50' B. Laudrup

4 Julie 1998
16:30
 Nederland2–1  ArgentiniëStade Vélodrome, Marseille
Toeskouers: 55 000
Skeidsregter: Arturo Brizio Carter (Meksiko)
Kluivert 12'
Bergkamp 89'
Verslag 18' López

4 Julie 1998
21:00
 Duitsland0–3  KroasiëStade de Gerland, Lyon
Toeskouers: 39 100
Skeidsregter: Rune Pedersen (Noorweë)
Verslag 45+3' Jarni
80' Vlaović
85' Šuker

Halfeindrondte


7 Julie 1998
21:00
 Brasilië1–1 (e.t.)  NederlandStade Vélodrome, Marseille
Toeskouers: 54 000
Skeidsregter: Ali Bujsaim (Verenigde Arabiese Emirate)
Ronaldo 46'
Strafskoppe
Ronaldo
Rivaldo
Emerson
Dunga
Verslag
Strafskoppe
4–2
87' Kluivert
Strafskoppe
F. de Boer
Bergkamp
Cocu
R. de Boer

8 Julie 1998
21:00
 Frankryk2–1  KroasiëStade de France, Saint-Denis
Toeskouers: 76 000
Skeidsregter: José Garcia Aranda (Spanje)
Thuram 47', 69'Verslag 46' Šuker

Klein finale (om die derde plek)


11 Julie 1998
21:00
 Nederland1–2  KroasiëParc des Princes, Parys
Toeskouers: 45 000
Skeidsregter: Epifanio González (Paraguay)
Zenden 21'Verslag 13' Prosinečki
35' Šuker

Eindstryd


12 Julie 1998
21:00
 Brasilië0–3  FrankrykStade de France, Saint-Denis
Toeskouers: 80 000
Skeidsregter: Said Belqola (Marokko)
Verslag 27', 45+1' Zidane
90+3' Petit


Sokkerwêreldkampioen 1998
 Frankryk

FIFA se ranglys

Ná die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1998 het FIFA ’n verslag gepubliseer waarin al die deelnemende spanne geranglys is volgens vordering in die toernooi, algehele resultate en kwaliteit van die meedinger.[5][6] Die ranglys vir die 1998-toernooi is soos gevolg:

Deelnemende spanne volgens ranglys:

   Kampioen

   Tweede plek

   Derde plek

   Vierde plek

   Kwarteindrondte

   Agtste eindrondte

   Groepfase

   Geen deelname

     Gasheerland Frankryk
RangSpanGroepeWedWenGelVerDVDT+/–Pte
1  FrankrykC7610152+1319
2  BrasiliëA74121410+413
3  KroasiëH7502115+615
4  NederlandE7331137+612
In die kwarteindrondte uitgeskakel
5  ItaliëB532083+511
6  ArgentiniëH5311104+610
7  DuitslandF531186+210
8  DenemarkeC521297+27
In die agtste eindrondte uitgeskakel
9  EngelandG421174+37
10  Joego-SlawiëF421154+17
11  RoemeniëG421143+17
12  NigeriëD420269−36
13  MeksikoE412187+15
14  ParaguayD412132+15
15  NoorweëA412155±05
16  ChiliB403158−33
In die groepfase uitgeskakel
17  SpanjeD311184+44
18  MarokkoA311155±04
19  BelgiëE303033±03
20  IranF310224−23
21  ColombiaG310213−23
22  JamaikaH310239−63
23  OostenrykB302134−12
24  Suid-AfrikaC302136−32
25  KameroenB302125−32
26  TunisiëG301214−31
27  SkotlandA301226−41
28  Saoedi-ArabiëC301227−51
29  BulgaryeD301217−61
30  Suid-KoreaE301229−71
31  JapanH300314−30
32  Verenigde StateF300315−40

Meeste doele aangeteken

Meeste doele aangeteken:[1]

RangSpelerDoele
1 Davor Šuker6
2 Gabriel Batistuta5
Christian Vieri5
4 Luis Hernández4
Ronaldo4
Marcelo Salas4
7 Bebeto3
Dennis Bergkamp3
Oliver Bierhoff3
Thierry Henry3
Jürgen Klinsmann3
Rivaldo3
César Sampaio3
14 Roberto Baggio2
Shaun Bartlett2
Salaheddine Bassir2
Ronald de Boer2
Phillip Cocu2
Abdeljalil Hadda2
RangSpelerDoele
14 Fernando Morientes2
Robert Prosinečki2
Viorel Moldovan2
Ricardo Peláez2
Marc Wilmots2
Lilian Thuram2
Brian Laudrup2
Michael Owen2
Slobodan Komljenović2
Fernando Hierro2
Emmanuel Petit2
Patrick Kluivert2
Ariel Ortega2
Alan Shearer2
Theodore Whitmore2
Zinédine Zidane2
Davor Šuker

Sien ook

Verwysings

Verdere leesstof

Eksterne skakels

Sokker-Wêreldbekertoernooie

Uruguay 1930Italië 1934Frankryk 19381942Brasilië 1950Switserland 1954Swede 1958Chili 1962Engeland 1966Meksiko 1970Wes-Duitsland 1974Argentinië 1978Spanje 1982Meksiko 1986Italië 1990Verenigde State 1994Frankryk 1998Suid-Korea/Japan 2002Duitsland 2006Suid-Afrika 2010Brasilië 2014Rusland 2018Katar 2022Kanada/Meksiko/Verenigde State 202620302034