Stadium Municipal (Toulouse)

Die Stadium Municipal (letterlik "Stedelike Stadion") is die grootste stadion in die Suid-Franse stad Toulouse. Die stadion is 'n suiwer rugby- en sokkerveld en beskik oor geen bykomende atletiekbaan nie. Die Stadium Municipal dien as die tuisveld van die plaaslike sokkerspan FC Toulouse, maar word ook vir rugbywedstryde van die plaaslike span Stade Toulousain in die H-beker (Europa-beker) of Top 14 (Eerste professionele liga) gebruik. Toetswedstryde van Frankryk se nasionale rugbyspan is ook hier gespeel. Die stadion lê op die Ramiereiland in die Garonnerivier.

Stadium Municipal
BynaamPetit Wembley
LiggingToulouse, Frankryk
Koördinate43°35′0″N 1°26′3″O / 43.58333°N 1.43417°O / 43.58333; 1.43417 1°26′3″O / 43.58333°N 1.43417°O / 43.58333; 1.43417
EienaarStad Toulouse
Kapasiteit33 150
OppervlakGras
Konstruksie
Gebou1937
Geopen1938
Renovasie1949, 1997, 2003, 2005, 2007, 2013–2016
Boukoste41,5 miljoen € (2013–2016)
ArgitekJean Montariol (1938)
Cardete Huet Architectes Atelier Ferret (2013–2016)
Huurders
FC Toulouse (Sokker)
Stade Toulousain (Rugby)

Geskiedenis

Lugbeeld van die Stadium Municipal

Die stadion is in 1937 ingewy, en in die volgende jaar het hier wedstryde van die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1938 plaasgevind. Die stadion is in 1949 herstel en in 1997 ook vergroot tot 36 500 sitplekke met die oog op die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1998 en die Rugbywêreldbeker 1999.

Die stadion is sedertdien gereeld van nuwe geriewe voorsien en was die tweede in Frankryk na die Stade de France wat in die somer van 2005 groot digitale advertensieskerms gekry het. Sy twee digitale skerms is deur groter eenhede vervang, terwyl daar ook 'n restaurant en 'n bodega geopen is. Die Stadium Municipal is ook vir die Rugbywêreldbeker 2007, die Europese Sokkerkampioenskap 2016 en die Rugbywêreldbeker 2023 gebruik.

Wedstryde

FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1938

DatumTydSpan 1TellingSpan 2RondteToeskouers
5 Junie 193817:00  Kuba3–3 (e.t.)  RoemeniëEerste rondte7 000
9 Junie 193818:00  Kuba2–1  RoemeniëHerhaling8 000

FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1998

DatumTydSpan 1TellingSpan 2RondteToeskouers
11 Junie 199821:00  Kameroen1–1  OostenrykGroep B33 500
14 Junie 199814:30  Argentinië1–0  JapanGroep H33 500
18 Junie 199817:30  Suid-Afrika1–1  DenemarkeGroep C33 500
22 Junie 199821:00  Roemenië2–1  EngelandGroep G33 500
24 Junie 199821:00  Nigerië1–3  ParaguayGroep D33 500
29 Junie 199821:00  Nederland2–1  Joego-SlawiëAgtste eindrondte33 500

Rugbywêreldbeker 1999

DatumTydSpan 1TellingSpan 2RondteToeskouers
14 Oktober 199920:30 Kanada72–11 NamibiëGroep C28 000
16 Oktober 199914:00 Frankryk28–19 FidjiGroep C36 000

Rugbywêreldbeker 2007

DatumTydSpan 1TellingSpan 2RondteToeskouers
12 September 200718:00 Japan31–35 FidjiGroep B34 500
16 September 200721:00 Frankryk87–10 NamibiëGroep D35 339
25 September 200720:00 Roemenië14–10 PortugalGroep C35 526
29 September 200713:00 Nieu-Seeland85–8 RoemeniëGroep C35 608

Europese Sokkerkampioenskap 2016

DatumTydSpan 1TellingSpan 2RondteToeskouers
13 Junie 201615:00  Spanje1–0  TsjeggiëGroep D29 400
17 Junie 201615:00  Italië1–0  SwedeGroep E29 600
20 Junie 201621:00  Rusland0–3  WallisGroep B28 840
26 Junie 201621:00  Hongarye0–4  BelgiëAgtste eindrondte38 921

Rugbywêreldbeker 2023

DatumTydSpan 1TellingSpan 2RondteToeskouers
10 September 202313:00 Japan42–12 ChiliGroep D30 187
15 September 202321:00 Nieu-Seeland3–71 NamibiëGroep A31 996
23 September 202314:00 Georgië18–18 PortugalGroep C31 889
28 September 202321:00 Japan28–22 SamoaGroep D30 187
8 Oktober 202321:00 Fidji23–24 PortugalGroep C32 223

Eksterne skakels