Sulfaat

'n Sulfaat is 'n sout wat die komplekse ioon SO42- bevat of 'n ester wat 'n (bidentate) -SO4-groep bevat. Die ioon is die suurres van swaelsuur, H2SO4.

Bariumsulfaat
Eienskappe

Algemeen

NaamSulfaat  
 
Termochemiese radius2,18  Å [1] 
160,7 [Scm2/mol][2]
Lys van anione

Die ioon het 'n tetraëdriese vorm en die sentrale atoom het 'n oksidasietoestand van +6. In beginsel is dit 'n sterk oksidant, maar kineties is hierdie werking dikwels gehinder en vertoon die sulfaatioon groot stabiliteit. Baie sulfate is goed oplosbaar in waterige oplossings. Uitsonderings is die sulfate van kalsium, stronsium, barium, radium en lood(II).

Sulfate van kalsium kom baie voor as minerale en word gemyn. Die dihidraat se naam is gips. Suid-Afrika het aansienlike reserwes en gips word daar sedert 1913 geproduseer.[3]

Opgeloste sulfate is 'n baie belangrike voedingstof vir plante. Swael kan net deur plante opgeneem word as dit in die vorm van 'n sulfaatioon aangebied word.[4] Sulfaat kan ook deur sulfaatreduserende bakterië gebruik word vir hulle metabolisme.[5]

Sien ook

Verwysings