Swaelsuur

chemiese verbinding

Swaelsuur (Engels:Sulfuric acid[3] of sulphuric acid[4]) is 'n baie sterk minerale bytsuur met die molekulêre formule H2SO4. Dit is 'n reuklose, kleurlose tot liggeel, viskeuse vloeistof wat oplosbaar is in water teen enige konsentrasie.[1] Dit het soms 'n donkerbruin kleur as gevolg van kleursel wat tydens die bereidingsproses bygevoeg is, om gebruikers bedag te maak op die gevaar wat die suur inhou.

Eienskappe

Algemeen

NaamSwaelsuur 
IUSTC-naamDiwaterstofsulfaat 
Ander nameVitrioel-olie
Struktuurformule van
Struktuurformule van
Chemiese formuleH2SO4
Molêre massa98.0716 [g/mol]
CAS-nommer7664-93-9  
Voorkomsolierige kleurlose vloeistof  
Reukreukloos [1]
Fasegedrag
Smeltpunt10.35 °C
Kookpunt340 °C
Digtheid1.841 (98%) 
Mengbaarheidwater
Oplosbaarheid 
Viskositeit21mPas by 25 °C

Suur-basis eienskappe

pKa1ste:-3.0
2de: +2.0[2]

Veiligheid

Flitspunt-- 
LD50oraal 2140 mg/kg (rot)

Tensy anders vermeld is alle data vir standaardtemperatuur en -druk toestande.

 
Portaal Chemie
BYTEND GEVAARLIK

Die geskiedkundige naam van hierdie suur is vitrioel-olie.[5] Swaelsuur is 'n swaar, olieagtige, kleurlose suur wat 'n vretende uitwerking op die vel en kleding het. Dit word uit swaeldioksied berei en op groot skaal in die chemiese nywerheid gebruik. Swaelsuur is een van die bekendste en belangrikste chemikalieë en die wêreldproduksie daarvan beloop ongeveer 100 miljoen ton per jaar.

By gewone druk en temperatuur is swaelsuur 'n stroperige vloeistof met 'n digtheid van ongeveer 1 840 kg/ m3 en 'n kookpunt van 611 K (338 °C). Dit is goed wateroplosbaar, hoewel daar by verdunning toegesien moet word dat die suur in 'n dun straal in die water gegiet word en nie andersom nie. In water vorm die swaelsuur hidrate wat sterk higroskopies is en as droogmiddel gebruik kan word.

Dit word byvoorbeeld vir die droging van organiese stowwe soos suiker, hout en papier gebruik. Swaelsuur kom voor in alle vulkaniese bronne, asook op plekke waar steenkool of swaelhoudende olieprodukte verbrand word.

Bereiding

Die grondstof vir die bereiding van swaelsuur is swaeldioksied (SO2). Dit word verkry uit die verbranding van swael, metaalsulfiede of waterstofsulfied (H2S). Swaelsuur word veral in 2 prosesse berei, naamlik die loodkamerproses en die kontakproses.

Die loodkamerproses is een van die oudste chemiese vervaardigingsprosesse en dateer uit 1746. Die vorming van die swaelsuur vind in 'n houer plaas wat met lood uitgelê is. Die kontakproses word so genoem omdat die swaelsuur gevorm word deur die reaksie van SO2 en O2 aan die oppervlak van 'n katalisator soos platinum of vanadiumpentoksied.

Gebruike

Swaelsuur word hoofsaaklik vir die vervaardiging van kunsmisstowwe soos superfosfaat gebruik. Daarvoor hoef die swaelsuur nie gesuiwer te word nie en dit word in verdunde vorm gebruik. Swaelsuur word ook vir die volgende prosesse gebruik:

- Die vervaardiging van ammoniumsulfaat en aluminiumsulfaat.

- Die raffinering van aardolie.

- Die vervaardiging van kunsstowwe.

- Die produksie van reinigers.

- Die vervaardiging van titaanverfstowwe.

- Die beits (oppervlakbehandeling) van metale.

- Die droging van organiese materiale.

- Die vervaardiging van soda, soutsuur en tafelsout.

- Die vervaardiging van glas.

Vervaardiging

Swaelsuur is een van die belangrikste en noodsaaklikste chemikalieë. Dit word industrieël berei tydens die reaksie van water met swaeltrioksied, wat weer gemaak word deur die chemiese kombinasie van swaeldioksied met suurstof deur die kontakproses of die loodkamerproses.

Gebruike

Dit word gebruik in die vervaardiging van plofstof, kunsmis, pigmente, kleur-, genees- en skoonmaakmiddels, asook heelwat anorganiese soute en sure.

Dit is 'n noodsaaklike oksidant in petroleumraffinering en ook heelwat metallurgiese prosesse.[5]

Kyk ook

Verwysings

Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.