Swartkoppersie

Die swartkoppersie is 'n vetstertras skaap uit Afrika. Die skape kom oorspronklik uit Somalië (die Somaliese bewoonde gebiede van die Horing van Afrika) en is 'n direkte afstammeling van die Somaliese skape.[1] Die ras word nie vir hule wol aangehou nie en kan hitte beter verdra as wolrasse en word hoofsaaklik geboer vir hul vleis. Die swartkoppersie het 'n wit lyf en, soos hul naam sou aandui, 'n geheel swart kop.[2]

Swartkoppersie in Pretoria, Suid-Afrika.

Eienskappe

Die swartkoppersie is 'n poenskop (sonder horings). Dit het 'n swart kop, met lang hangende ore, en 'n swart nek en 'n wit lyf, met 'n duidelike streep wat die twee kleure afbaken. Die kruis en die basis van die stert het 'n ophoping van vet. Die ras word spesifiek geteel vir die groot hoeveelheid vet wat in die stertstreek gestoor is, wat weerstand bied in droë toestande en veral gebruik word in wors en droewors.

Volwasse ramme weeg gemiddeld 68 kilogram en ooie 52 kilogram. By geboorte weeg ramme en ooie ongeveer 2,6 kilogram. Ooie laktaat vir ongeveer 84 dae, produseer 50 kilogram melk met 5,9% vet.[3]

Geskiedenis

Ondanks sy naam het die swartkoppersies sy oorsprong in Somalië en is in ongeveer 1870 na Suid-Afrika ingevoer. 'n Suid-Afrikaanse stamboek is in 1906 opgerig. Teen 1930 was daar 4 000 geregistreerde diere. Die skaap is gekruis met plaaslike rasse en is ook verbeter deur dit te kruis met onder andere dorset, wat nou dorper genoem word. In die vyftigerjare is daar na raming twee miljoen swartkoppersies in Suid-Afrika, en hulle is ook bekendgestel in Namibië, Kenia, Tanzanië, Ethiopië en Ghana. Sedertdien word dit vir kruistelingdoeleindes na die Karibiese streek, Sentraal- en Suid-Amerika uitgevoer.

Verwysings

Eksterne skakels