Thai (volk)

Die Thai (Thai: ไทย), voorheen bekend as Siamese, is 'n nasie en etniese groep inheems aan Thailand en die aangrensende lande van Suidoos-Asië, veral Viëtnam. Hulle vorm die titulêre nasie van Thailand en maak tussen 75 en 85% van Thailand se bevolking uit.

Thai

Thai tydens 'n verassingsseremonie in Noord-Thailand
Totale bevolking:ca. 53 miljoen
Belangrike bevolkings  in:Vlag van Thailand Thailand ~50,6 miljoen[1]

Vlag van Viëtnam Viëtnam 1 550 423[2]
Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State 237 583[3]
Vlag van Laos Laos 180 000[4]
Vlag van Suid-Korea Suid-Korea 94 134[5]
Vlag van Republiek van China Republiek van China 74 770[6]
Vlag van Maleisië Maleisië 70 000[7]
Vlag van Australië Australië 61 910[8]
Vlag van Duitsland Duitsland 52 849[9]
Vlag van Japan Japan 41 279[10]
Vlag van Swede Swede 38 129[11]
Vlag van Hongkong Hongkong 30 000[12]
Vlag van Saoedi-Arabië Saoedi-Arabië 23 000[13]
Vlag van Nederland Nederland 19 004[14]
Vlag van Kanada Kanada 10 500[15]
Vlag van Denemarke Denemarke 8 580[16]
Vlag van Finland Finland 7 500

Taal:Thai
Geloofsoortuiging:Hoofsaaklik Theravada-Boeddhisme
Verwante etniese groepe:Ander Tai-volke (soos Laote, Sjan, Dai, Zhuang, Ahom); Thai-Chinese
Verspreiding van etniese groepe in Thailand in 1974

Die Thai behoort tot die Tai-volke wat naas Thailand ook in die Volksrepubliek China se suidooste asook in Indië se noordooste leef en nog die Laote en Zhuang insluit. Hulle praat Thai as moedertaal wat in verskillende plaaslike variante bestaan[17] en saam met Laosiaans tot die Tai-Kadai-tale behoort.

Die Thai is hoofsaaklik aanhangers van die Theravada-Boeddhisme, byna 95% volgens die laaste skatting in 2010, gevolg deur klein minderhede soos Moslems, Hindoes en Christene.

Die term "Thai" sluit gewoonlik sentrale en suidelike Thai,[18][19][20][21][22] noordelike Thai en Isan in,[23][24] hoewel dié term 'n los betekenis het en soms na die hele bevolking van Thailand verwys, met groot minderhede soos Han-Chinese (9,3 miljoen), Maleiers (2 miljoen) en Khmer (1,2 miljoen).

Wêreldwyd leef daar sowat 53 miljoen Thai, waarvan sowat 50,6 miljioen in Thailand en omtrent 1,5 miljoen in Viëtnam, waar hulle tot een van die 54 amptelik erkende etniese groepe behoort. Naas Viëtnamese en die verwante Tay vorm Thai die derde grootste etniese groep in Viëtnam.[25]

Verwysings

Eksterne skakels