Viëtnamese

Hierdie artikel handel oor die etniese groep in Suidoos-Asië. Vir die taal, sien Viëtnamees.

Die Viëtnamese of Kinh (Viëtnamees: người Việt [ŋɨəj˨˩ viət˩], Chữ nôm: 𠊛越 of người Kinh [ŋɨəj˨˩ kiɲ˧], Chữ nôm: 𠊛京) is 'n nasie en etniese groep inheems aan Viëtnam en die aangrensende lande van Suidoos-Asië met sy oorsprong in die hedendaagse noordelike Viëtnam en suidelike China. Hulle vorm die titulêre nasie van Viëtnam en maak volgens die sensus van 1999 86% van Viëtnam se bevolking uit. Viëtnamese staan amptelik bekend as Kinh om hulle van ander etniese groepe in Viëtnam te onderskei. Die vroegste opgetekende naam vir die ou Viëtnamese blyk Lạc of Lạc Việt (Chinees: 雒越; pinyin: Luòyuè) te wees.

Viëtnamese
Kinh
người Việt (𠊛越)
người Kinh (𠊛京)

Totale bevolking:ca. 99 miljoen
Belangrike bevolkings  in:Vlag van Viëtnam Viëtnam 94 348 835[1]

Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State 1 548 449[2]
Vlag van Kambodja Kambodja 600 000[3]
Vlag van Frankryk Frankryk 350 000[4]
Vlag van Kanada Kanada 220 425
Vlag van Australië Australië 210 800[5]
Vlag van Republiek van China Republiek van China 200 000[6]
Vlag van Duitsland Duitsland 150 000[7]
Vlag van Suid-Korea Suid-Korea 143 000[8]
Vlag van Japan Japan 135 657[9]
Vlag van Laos Laos 100 000
Vlag van Maleisië Maleisië 70 000[10]
Vlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk 55 000–70 000[11][12]
Flag of the Czech Republic Tsjeggië 60 931[13]
Vlag van Pole Pole 50 000[14]
Vlag van Rusland Rusland 36 225[15]
Vlag van die Volksrepubliek China Volksrepubliek China 30 000
Vlag van Filippyne Filippyne 27 600
Vlag van Noorweë Noorweë 18 333[16]
Vlag van Nederland Nederland 18 000
Vlag van Thailand Thailand 10 000[17]
Vlag van Denemarke Denemarke 8 575[12]
Vlag van Switserland Switserland 8 173
Vlag van Katar Katar 8 000[18]
Vlag van België België 7 151[12]
Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland 4 875[19]
Vlag van Finland Finland 4 000[20]
Vlag van Oekraïne Oekraïne 3 850[21]
Vlag van Hongarye Hongarye 3 019[22]
Vlag van Slowakye Slowakye 3 000[23]
Vlag van Italië Italië 3 000
Vlag van Bulgarye Bulgarye 1 500[14]
Vlag van Brasilië Brasilië 1 000

Taal:Viëtnamees
Geloofsoortuiging:Oorwegend Viëtnamese volksgodsdiens gemeng met Mahayana-Boeddhisme. Minderhede van Christene (meestal Rooms-Katolieke) en ander groepe.[24]
Verwante etniese groepe:Gin (ook bekend as Jing or Kinh) en Muong
Verspreiding van Viëtnamees as 'n moedertaal
Kinh-meisies in tradisionele áo dài-klere en 'n nón lá-hoed
Viëtnamese Nuwejaaroptog in San Jose, Kalifornië

Hoewel Viëtnamese weens geografiese en taalwetenskaplike redes as Suidoos-Asiërs geklassifiseer word, het lang tydperke van Chinese oorheersing en invloede die Viëtnamese kultuur nader aan die Oos-Asiatiese kultuur beweeg, of meer spesifiek hul onmiddellike noordelike bure, die Suider-Chinese en ander stamme van Suid-China. Die woord Việt is verkort van Bach Việt (Chinees: 百越; pinyin: Bǎiyuè), 'n naam wat in antieke tye gebruik is. Nam beteken "suid".

In die Volksrepubliek China behoort die Viëtnamese tot een van die 56 amptelik erkende etniese groepe ("nasionaliteite") en word Gin-mense (Chinees: 京族; pinyin: Jīngzú) genoem. Hulle leef veral in die Suid-Chinese provinsie van Guangxi aan die grens tot Viëtnam.

Ná die verowering van Saigon deur die kommunistiese Noord-Viëtnam en die daaropvolgende einde van die Viëtnamoorlog in 1975 het meer as 1,5 miljoen Viëtnamese hulself in die Verenigde State gevestig, waarvan sowat 50% in die deelstate Kalifornië en Texas. Hulle vorm die vierde grootste Asiaties-Amerikaanse etniese groep na die Han-Chinese, Filipinos en Indiërs. Die Viëtnamese diaspora verwys na hulself as Người Việt Hải Ngoại (letterlik: "oorsese Viëtnamese") of Người Việt Tự Do ("vrye Viëtnamese"), terwyl Viëtnamese in Viëtnam hulle Việt Kiều (letterlik: "Viëtnamese vreemdelinge") noem.[25]

Verwysings

Eksterne skakels