Gaan na inhoud

Thortveitiet

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Thortveitiet
 
OnsuiwerhedeY, Ln, Zr, Hf, Al, Fe, Mn, Mg, Ca 
Nickel-Strunz (10)9.BC.05  
Kleurgryserig groen, swart, grys, blou, geel, bruin 
Streepwit 
Glansglasagtig, dof 
Hardheid6-7 (Mohs) 
RuimtegroepC2/m 
Strukturbericht-kodeS2₁ 
Eenheidsela=6,503-6,650; b=8,498-8,616; c=4,682-4,695 Å; β=101,7-103,78 °
* Lys van minerale
Portaal Geologie

Thortveitiet is 'n seldsame skandiumsilikaat-mineraal met die formule (Sc,Y)2Si2O7 Dit is genoem van Gunder Olaus Olsen Thortveit (1872–1917)[1]

Dit word in granietpegmatiete in die Iveland-Evje-gebied van Noorweë en die Befanamo-gebied van Madagaskar aangetref. Daar is net nege skandiumminerale en thorveitiet is die belangrikste skandiumerts.[2]

Kristalstruktuurwysig bron

Thortveitiet se monokliniese kristalstruktuur is die argetipe van die strukturbericht-klassifikasie se S2₁-struktuur.[3] Dit is 'n sorosilikaat wat die Si2O6−7-ioon bevat, wat as O3Si-O-SiO3 weergegee kan word. Die O-Si-O bindingshoek wat Bianchi et al. in 1988 gevind het, is 180 °, maar die temperatuurbeweging wat hulle loodreg aan die O-Si-O het, is taamlik groot, sodat dit moontlik 'n dinamiese gemiddelde is. In ander sorosilikate is die bindingshoek gewoonlik nie 180 ° nie. Die silikon-atome het 'n tetraëdriese koördinasie, die skandium-atome is deur 'n versteurde oktaëder van suurstofatome omring. In natuurlike thortveiliet is amper 'n kwart van die skandiumposisie deur yttrium vervang en nog amper 'n kwart deur hoofsaaklik ytterbium en ander lantaniede soos disprosium, erbium, tulium en lutesium. Sintetiese monsters met suiwer skandium of suiwer yttrium het dieselfde struktuur, maar die selparameters wyk af.[4]

Verwysingswysig bron

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladGeweldVarkgriepAardverwarmingAardbewingTropiese sikloonSpesiaal:Onlangse wysigingsDroogteCarles PuigdemontNelson MandelaMenseregteEkonomiese sektorKarin HougaardErfenisdag (Suid-Afrika)Ekonomie van Suid-AfrikaPinksterPrimêre sektor van die ekonomieApartheidVulkaanSuid-AfrikaBoelieryRobbeneilandAntoniemErfenisTrappe van vergelykingNazi-DuitslandWaarheid-en-versoeningskommissieGevolge van aardverwarming op oseaneSeksPad na jou hartVergelykings (taalkunde)Selfstandige naamwoordNasionale erfenisterreine van Suid-AfrikaHolocaustWaterbesoedelingIntensiewe vormGoudMonopolie