Wilhelm I van Duitsland

Wilhelm I uit die dinastie Hohenzollern, volle naam Wilhelm Friedrich Ludwig, (* 22 Maart 1797 in Berlyn, Duitsland; † 9 Maart 1888 in Berlyn) het tussen 1861 en 1888 as koning van Pruise en tussen 1871 en 1888 as die eerste Duitse keiser geregeer.

Wilhelm I
Duitse keiser en koning van Pruise
Wilhelm I
Wilhelm I
VorstehuisHohenzollern
TitelsDuitse keiser en koning van Pruise
Regeer18 Januarie 18719 Maart 1888
Kroning18 Oktober 1861 (as koning van Pruise)
18 Januarie 1871 (as duitse keiser)
VoorgangerFriedrich Wilhelm IV (as koning van Pruise)
OpvolgerFriedrich III
Volle naamWilhelm Friedrich Ludwig
Gebore22 Maart 1797; Berlyn, Duitsland
Oorlede9 Maart 1888; Berlyn, Duitsland
Begrawe16 Maart 1888; Kasteel Charlottenburg, Berlyn, Duitsland
EggenootAugusta van Sachsen-Weimar-Eisenach
KindersFriedrich III
Luise van Pruise (1838–1923)
VaderFriedrich Wilhelm IV
MoederLuise van Mecklenburg-Strelitz
Handtekening

Wilhelm was die kleinseun van die prins August Wilhelm van Pruise en die seun van Friedrich Wilhelm IV. Hy word ná die Unifikasie van Duitsland in Versailles op 63-jarige leeftyd, Duitse keiser en regeer vir 17 jaar.

Sy regering is gekenmerk deur die buitelandsbeleid van sy Rykskanselier Otto von Bismarck, wat verbonde met Oostenryk-Hongarye, die Ottomaanse Ryk en die Koninkryk van Italië gesluit het. Sy regeringsstyl was konserwatief en teen die vroeë Sosiaaldemokrasie (die huidige SPD) en die Rooms-Katolieke Kerk gerig. Hy oorleef verskeie aanvalle, wat die vervolging van die Sosiaaldemokrasie vererger het. Tydens sy regering het die Duitse Keiserryk sy eerste kolonies verower.