Wimbledon-kampioenskap

Die Wimbledon-kampioenskap (algemeen bekend as slegs Wimbledon), is die oudste belangrike kampioenskap in tennis en word oor die algemeen beskou as die mees prestigerykste.[1]

Die hoofbaan by die All England Lawn Tennis and Croquet Club waar die Wimbledon Kampioenskappe elke jaar gehou word.
Die Wimbledon-beker.
Die elektroniese telbord by Wimbledon.

Die toernooi word jaarliks gehou tussen einde Junie tot begin Julie en eindig gewoonlik op die tweede Sondag van Julie. Dit vind plaas by die All England Lawn Tennis and Croquet Club in Londen, Engeland en is die derde "Grand Slam"-toernooi van die jaar: die Australiese Ope en die Franse Ope is die eerste twee, met die Amerikaanse Ope die vierde. Die toernooi word soms verleng as gevolg van reën en is ook die enigste "Grand Slam"-toernooi wat op 'n grasoppervlak gespeel word. (Sommige ander toernooie vind ook wel op 'n grasbaan plaas.)

Aparte toernooie word tegelykertyd gehou, almal by dieselfde plek, vir die Mans-enkelspel, die Dames-enkelspel, Mans-dubbelspel, Dames-dubbelspel en Gemengde dubbelspel. Daar word ook 'n Jeugtoernooi gehou: Seuns-enkelspel, Meisies-enkelspel, Seuns-dubbelspel en Meisies-dubbelspel.

Geskiedenis

Die eerste Wimbledon (amateur) tenniskampioenskappe is in 1877 gehou. In 1884 word die toernooi vir damesenkels- en mansdubbelsspelers oopgestel.

Wimbledon ontwikkel eers later tot 'n volwaardige internasionale toernooi. In 1922 is 'n nuwe tenniskompleks vir 14 000 toeskouers te Churchstraat gebou, wat die groei en populariteit van die toernooi geweldig bevorder het.

Rekords en statistieke

RekordEraSpeler(s)BaanJare gewen
Mans sedert 1877
Wenner van die meeste enkeltitelsVoor 1968: William Renshaw71881-86, 1889
Na 1968: Pete Sampras71993-95, 1997-2000
Wenner van die meeste agtereenvolgende enkeltitelsVoor 1968: William Renshaw61881-86
Na 1968: Björn Borg

Roger Federer

51976-80

2003-07

Dames sedert 1884
Wenner van die meeste enkeltitelsVoor 1968: Helen Wills81927-30, 1932-33, 1935, 1938
Na 1968: / Martina Navrátilová91978-79,1982-1987, 1990
Wenner van die meeste agtereenvolgende enkeltitelsVoor 1968: Suzanne Lenglen51919-1923
Na 1968: / Martina Navrátilová61982-1987
Ander statistieke
Laagste gekeurde wenner (man of dame) Goran Ivanišević125ste
Laagste gekeurde wenner (dame) Venus Williams31de (23de gekeur)
Jongste wenner (man) Boris Becker171985
Jongste wenner (dame) Martina Hingis161997

Verwysings

Eksterne skakels

Voorafgegaan deur
Franse Ope
Grand Slam Kampioenskappe
Junie-Julie
Opgevolg deur
VSA Ope

0°12′50.63″W / 51.4337444°N 0.2140639°W / 51.4337444; -0.2140639