Pete Sampras

Pete Sampras[3][4] (Grieks: Πιτ Σάμπρας; gebore op 12 Augustus 1971 in Washington, D.C. as Petros Sampras) is 'n voormalige Amerikaanse tennisspeler. In sy loopbaan van 15 jaar het hy 14 Grand Slam-mansenkelspeltitels op 52 geleenthede gewen. Hy was 'n wêreldwye no. 1-speler en word beskou as een van die grootste spelers in die tennisgeskiedenis.[5] Vanweë sy presiese en kragtige afslane het hy die bynaam "Pistol Pete" gekry.

Pete Sampras
Pete Sampras in 2008.
Volle naamPetros Sampras
LandVlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State
WoonplekLake Sherwood, Kalifornië
Geboortedatum12 Augustus 1971 (1971-08-12) (52 jaar oud) [1]
GeboorteplekWashington, D.C.[1]
Lengte1,85 m[1]
Gewig77 kg[1]
AfrigterPeter Fischer (1980–1989)
Joe Brandi (1989–1991)
Tim Gullikson (1992–1995)
Vitas Gerulaitis (1994)
Paul Annacone (1995–2001)
Tom Gullikson (2001–2002)
José Higueras (2002)
Paul Annacone (2002)[1]
Begin professioneel1988[1]
Afgetree2002 (laaste wedstryd)
2003 (amptelike aftrede)[1]
SpelstylRegshandig (eenhandige handrughou)[1]
Loopbaan-wengeld$43 280 489 (soos op 18 Julie 2023)[1] (5de van alle tye)[2]
Int. Tennisheldesaal2007 (ledeblad)
Amptelike webbladpetesampras.com
Enkelspel
Loopbaanrekord762–222 (77,43%)[1]
Loopbaantitels64[1]
Hoogste rangNo. 1 (12 April 1993)[1]
Grand Slam-uitslae
Australiese OpeW (1994, 1997)
Franse OpeHE (1996)
WimbledonW (1993, 1994, 1995, 1997, 1998, 1999, 2000)
VSA-OpeW (1990, 1993, 1995, 1996, 2002)
Groot toernooie
ToereindrondeW (1991, 1994, 1996, 1997, 1999)
WTA-kampioenskap3R (1992)
Dubbelspel
Loopbaan-rekord64–70 (47,76%)[1]
Loopbaantitels2[1]
Hoogste rangNo. 27 (12 Februarie 1990)[1]
Australiese Ope2R (1989)
Franse Ope2R (1989)
Wimbledon3R (1989)
VSA-Ope1R (1988, 1989, 1990)
Laaste opgedateer op: 23 Januarie 2012.

Sampras se professionele loopbaan het in 1988 begin en op die VSA-Ope van 2002 geëindig waar hy Andre Agassi in die eindstryd verslaan het. Hy was die rekordhouer van sewe Wimbledon-mansenkelspeltitels tot in 2017, toe Roger Federer sy agtste titel gewen het. Sampras het ook vyf VSA-Ope-titels gewen, ’n Ope-era-rekord wat hy met Federer en Jimmy Connors deel, asook twee titels in die Australiese Ope. Sy 14 Grand Slam-titels was ’n rekord totdat Federer sy 15de titel in 2009 op Wimbledon gewen het. Rafael Nadal het dié prestasie in 2017 in die Franse Ope herhaal en Novak Djokovic in 2019 in die Australiese Ope.

Sampras het altesaam 64 enkelspeltitels gewen. Hy was in 1993 die eerste keer die wêreld se no. 1-speler en het dié posisie 286 weke lank gehou (die tweede langste naas Federer se 310 weke). Hy was van 1993 tot 1998 ’n rekordgetal van ses agtereenvolgende jare no. 1. In 2007 is hy in die Internasionale Tennisheldesaal vereer.

Grand Slam-rekord

Pete Sampras in 1992
Pete Sampras in 2007

Die tabel toon Sampras se prestasie tydens elk van die Grand Slam-toernooie in mansenkels waaraan hy deelgeneem het:

JaarAustraliese OpeFranse OpeWimbledonVSA-Ope
1988Nie deelgeneem nieNie deelgeneem nieNie deelgeneem nieRondte 1
1989Rondte 1Rondte 2Rondte 1Rondte 4
1990Rondte 4Nie deelgeneem nieRondte 1Wenner
1991Nie deelgeneem nieRondte 2Rondte 2Kwarteindstryd
1992Nie deelgeneem nieKwarteindstrydHalfeindstrydEindstryd
1993HalfeindstrydKwarteindstrydWennerWenner
1994WennerKwarteindstrydWennerRondte 4
1995EindstrydRondte 1WennerWenner
1996Rondte 3HalfeindstrydKwarteindstrydWenner
1997WennerRondte 3WennerRondte 4
1998KwarteindstrydRondte 2WennerHalfeindstryd
1999Nie deelgeneem nieRondte 2WennerNie deelgeneem nie
2000HalfeindstrydRondte 1WennerEindstryd
2001Rondte 4Rondte 2Rondte 4Eindstryd
2002Rondte 4Rondte 1Rondte 2Wenner

Verwysings

Eksterne skakels