Yoon Suk-yeol

Yoon Suk-yeol (Koreaans: 윤석열; gebore 18 Desember 1960) is 'n Suid-Koreaanse politikus, voormalige staatsaanklaer en prokureur wat dien as die 13de en huidige president van Suid-Korea sedert 2022. Voor sy presidentskap het hy tussen 2019 en 2021 as die aanklaer-generaal van Suid-Korea gedien.

Yoon Suk-yeol
Yoon Suk-yeol
Yoon in 2021

13de president van Suid-Korea
Ampsbekleër
Termynaanvang
10 Mei 2022
Eerste ministerKim Boo-kyum
Choo Kyung-ho
Han Duck-soo
Voorafgegaan deurMoon Jae-in

Aanklaer-generaal van Suid-Korea
Ampstermyn
25 Julie 2019 – 4 Maart 2021
PresidentMoon Jae-in
Voorafgegaan deurMoon Moo-il
Opgevolg deurKim Oh-soo

Persoonlike besonderhede
Gebore18 Desember 1960 (1960-12-18) (63 jaar oud)
Seoel, Suid-Korea
Politieke partyPeople Power Party
OuersYoon Ki-jung (vader)
Choi Seong-ja (moeder)
Eggenoot/-noteKim Keon-hee (2012–hede)
Alma materSeoel Nasionale Universiteit (LLB)
ReligieKatoliek
Handtekening

Yoon, gebore in Seoel, het aan die Seoel Nasionale Universiteit gestudeer. In sy hoedanigheid as die hoof van die Seoel se sentrale distriksaanklaer se kantoor, het hy 'n sleutelrol gespeel in die skuldigbevinding van voormalige presidente Park Geun-hye en Lee Myung-bak vir magsmisbruik.[1][2] Yoon is in Julie 2019 deur president Moon Jae-in as aanklaer-generaal van Suid-Korea aangestel. Tydens Yoon se leierskap het die Hooggeregsaanklaer se kantoor omstrede ondersoeke gedoen na Cho Kuk, 'n invloedryke figuur in president Moon se administrasie, wat tot Cho se bedanking sou lei.[3][4] Yoon se botsings met die Moon-administrasie tot sy bedanking as aanklaer-generaal in Maart 2021 het gelei tot sy opgang as presidentskandidaat.

In Junie 2021 het Yoon sy kandidatuur in die 2022 Suid-Koreaanse presidensiële verkiesing aangekondig. Hy het in Julie by die konserwatiewe People Power Party aangesluit en in November die PPP-benoeming gewen. Yoon het op 9 Maart 2022, benoemde van die Demokratiese Party, Lee Jae-myung, net-net verslaan en op 10 Mei 2022 die amp as president aanvaar.[5]

Biografie

Yoon is gebore in Bomun-dong in die Seongbuk-distrik van Seoel in 1960 gebore[6] en het in Yeonhui-dong in die Seodaemun-distrik grootgeword.[7][8] Sy pa, Yoon Ki-jung, is in Nonsan gebore[9] en was 'n emeritusprofessor in ekonomie aan die Yonsei Universiteit en 'n volle lid van die Nasionale Akademie van Wetenskappe van die Republiek van Korea.[7] Sy ma, Choi Seong-ja, is in Gangneung gebore en was 'n dosent aan die Ewha Womans Universiteit voordat sy die pos verlaat het om te trou.[7]

Yoon het Laerskool Daegwang en Laerskool Joongrang byggewoon voordat hy na Laerskool Choongam oorgeplaas is nadat hy graad ag voltooi het. Hy het aan Hoërskool Choongam gematrikuleer[10] en daarna regte aan die Seoel Nasionale Universiteit gestudeer.[7][11][12]

Yoon is in 1982 van nasionale diens vrygestel weens anisometropie.[13] Yoon het later bygevoeg dat hy weens die toestand nie 'n bestuurslisensie kon kry nie.[13]

Yoon het in sy vierde-jaar die eerste gedeelte van die nasionale balie-eksamen geslaag maar die tweede gedeelte gedruip.[7][11] Hy het dit vir nege jaar aanhou druip totdat hy in 1991 die balie-eksamen geslaag het.[7][10][11][12][8]

Loopbaan as 'n aanklaer

Yoon het in 1994 sy loopbaan in die Daegu-aanklaer se kantoor begin.[7][10][11][12][8] Hy was hoof van die Spesiale Tak en Sentrale Ondersoekafdeling, wat albei korrupsieverwante sake ondersoek.[7] In 1999 het hy vir assistent-kommissaris Park Hui-won, wat korrup was,[14][8] laat arresteer ten spyte van sterk besware van burokrate in die Kim Dae-jung kabinet.[7]

In Januarie 2002 het Yoon vir 'n kort rukkie as 'n prokureur by Bae, Kim & Lee gewerk. Hy het van die regsfirma bedank omdat hy gevoel het dat hy nie geskik was vir die pos nie.[8] Met sy terugkeer as 'n aanklaer het hy ondersteuners van Roh Moo-hyun soos Ahn Hee-jung en Kang Keum-won vervolg.[7] In 2006 het hy vir Chung Mong-koo aangekeer vir sy aandadigheid in 'n slenterfondssaak by die Hyundai Motormaatskappy.[7][8] In 2008 het hy vir die onafhanklike raadspan gewerk om die BBK-aandeleprysmanipulasie-voorval op te los.[7]

In 2013 het Yoon 'n spesiale ondersoekspan gelei wat na die Nasionale Intelligensiediens (NIS) se betrokkenheid by die 2012 NIS-publiekemeningmanipulasieskandaal gekyk het. Yoon het die voormalige hoof van die NIS, Won Sei-hoon vervolg vir sy oortreding van die Openbare Amptelike Verkiesingswet. Hy het die minister van justisie Hwang Kyo-ahn daarvan beskuldig dat hy sy ondersoek beïnvloed het.[15] As gevolg hiervan is hy van die Seoel-aanklaerskantoor na die Daegu en Daejeon Aanklaerskantoor gedemoveer.[16][15]

Yoon is later as hoof van ondersoeke in die spesiale aanklaerspan van Park Young-soo aangestel, wat bewerings ondersoek het oor die 2016 Suid-Koreaanse politieke skandaal waarby Choi Soon-sil, Samsung ondervoorsitter Lee Jae-yong en destydse president Park Geun-hye betrokke was.[16]

Op 19 Mei 2017 het nuutverkose president Moon Jae-in vir Yoon as die hoof van Seoel se sentrale distriksaanklaerskantoor aangestel.[12] Die vervolging het twee voormalige presidente Lee Myung-bak en Park Geun-hye, drie voormalige NIS-hoofde, voormalige hoofregter Yang Sung-tae en meer as 100 ander voormalige amptenare en sakebestuurders onder sy ampstermyn aangekla.[17] Yoon het ook 'n ondersoek na rekeningkundige bedrog by Samsung gelei.[15]

Op 17 Junie 2019 het Moon vir Yoon vir die amp van anklaer-generaal van Suid-Korea genomineer.[11][8] Yoon is op 16 Julie amptelik tot die pos aangewys en het nege dae later met sy termyn begin.[18]

Op 24 November 2020 het minister van justisie Choo Mi-ae vir Yoon uit sy pos geskors. Choo het beweerde etiese skendings, magsmisbruik en inmenging in ondersoeke van sy medewerkers en familielede as sy redes vir die skorsing gegee.[19] Yoon het 'n aansoek vir 'n interdik teen die minister se skorsingsbevel ingedien, wat op 1 Desember deur die Seoul Administratiewe Hof goedgekeur is, wat die skorsing tydelik gestop het.[20][21] Op 16 Desember het die Ministerie van Justisie vir Yoon vir twee maande geskors en vier van die ses groot aanklagte vir dissiplinêre stappe aanvaar.[22] Die besluit is daarna deur president Moon goedgekeur. Op 24 Desember, na 'n bevel wat by die Seoel Administratiewe Hof ingedien is, is die skorsing egter omgekeer aangesien die hof Yoon se bewering aanvaar het dat die proses om hom te skors onbillik was.[23]

Presidentskap van Suid-Korea

Op 4 Maart 2021 het Yoon as aanklaer-generaal van Suid-Korea bedank.[24] Yoon het op 29 Junie 2021 sy kandidatuur vir die 2022 presidentsverkiesing aangekondig.[25] Hy was eers 'n onafhanklike kandidaat.[26]

Op 30 Julie 2021 het Yoon by die konserwatiewe People Power Party aangesluit.[26] Hy het op 5 November 2021 die party se boenoeming vir die presidentsverkiesing gewen.[27][28]

Yoon het die presidentsverkiesing op 11 Maart 2012 net-net gewen en hy is op 10 Mei 2022 ingehuldig.[29]

Verwysings

Eksterne skakels

Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.