Park Geun-hye

Park Geun-hye (Koreaans: 박근혜, [pak‿k͈ɯn.hje]; gebore op 2 Februarie 1952 in Daegu) is 'n Suid-Koreaanse politikus wat tussen 2013 en 2017 die amp van president van Suid-Korea beklee het. Sy is die tweede dogter van Park Chung-hee, 'n voormalige president van Suid-Korea. Sy is op 19 Desember 2012 as die president van die land verkies. Op 25 Februarie 2013 word sy ingesweer en word die eerste vrou in die geskiedenis om die pos te beklee.[2]

Park Geun-hye
박근혜
Park Geun-hye
Park Geun-hye in 2013

11de President van Suid-Korea
Ampstermyn
25 Februarie 2013 – 10 Maart 2017
Eerste ministerChung Hong-won
Lee Wan-koo
Choi Kyoung-hwan (wnd.)
Hwang Kyo-ahn
Voorafgegaan deurLee Myung-bak
Opgevolg deurMoon Jae-in

Leier van die Saenuri-party
Ampstermyn
17 Desember 2011 – 15 Mei 2012
Voorafgegaan deurHong Jun-pyo
Opgevolg deurHwang Woo-yea
Ampstermyn
23 Maart 2004 – 10 Julie 2006
Voorafgegaan deurChoe Byeong-ryeol
Opgevolg deurKang Jae-sup

Lid van die Nasionale Vergadering
Ampstermyn
30 Mei 2012 – 10 Desember 2012
Ampstermyn
3 April 1998 – 29 Mei 2012
Voorafgegaan deurKim Suk-won
Opgevolg deurLee Jong-jin

Eerste Dame van Suid-Korea (waarnemend)
Ampstermyn
16 Augustus 1974 – 26 Oktober 1979
PresidentPark Chung-hee
Voorafgegaan deurYuk Young-soo
Opgevolg deurHong Gi

Persoonlike besonderhede
Gebore2 Februarie 1952 (1952-02-02) (72 jaar oud)
Daegu, Suid-Korea
Politieke partyLibertykorea-party (1997–2017)
Onafhanklik (2017)[1]
Alma materSogang Universiteit
Handtekening

Sy het vanaf 1974 tot 1979 tydens haar pa se bewind as eerste dame van Suid-Korea opgetree nadat haar moeder op 15 Augustus 1974 vermoor is. Haar vader is op 26 Oktober 1979 deur 'n lid van die Koreaanse geheime diens in die Blou Huis doodgeskiet.

Park is 'n lid van die konserwatiewe Saenuri-party (Hannara-dang). Sy het van 17 Desember 2011 tot 15 Mei 2012, asook tussen 2004 tot 2006, as die voorsitter van die party gedien. Sy is as een van die invloedrykste politici in Suid-Korea beskou. Ná langdurige proteste en betogings oor beweerde korrupsie is Park Geun-hye op 10 Maart 2017 deur Suid-Korea se grondwetlike geregshof van haar amp onthef.[3] Op 6 April 2018 is Park Geun-hye aan korrupsie skuldig bevind en tot 24 jaar tronkstraf gevonnis.[4]

Verwysings

Eksterne skakels