Yster(III)chloried

chemiese verbinding

Yster(III)chloried is 'n sout van yster in sy +3 oksidasietoestand en soutsuur met formule FeCl3.

Eienskappe

Algemeen

NaamYster(III)chloried 
IUSTC-naamYster(III)chloried
Struktuurformule van
Struktuurformule van
Chemiese formuleFeCl3
Molêre massa162,21 g/mol[1]
CAS-nommer7705-08-0[1]  
VoorkomsGrys poeier[1]  
ReukReukloos [1]
Fasegedrag  
Selkonstantesa=593 pm; c=1923pm (heks. weergawe)[2]  
RuimtegroepR3[3] 
Nommer148  
StrukturberichtD0₅
Smeltpunt306 °C[4]
Kookpunt312 °C [1] (sublimeer)
Digtheid2,898 [g/cm3][5]
Oplosbaarheid480 [g/L][1]

Suur-basis eienskappe

pKa

Veiligheid

Flitspunt 
LD50316-450 [mg/kg][1]

Tensy anders vermeld is alle data vir standaardtemperatuur en -druk toestande.

 
Portaal Chemie

Eienskappe

Watervrye yster(III)chloried kan uit die elemente vervaardig word deur 'n ysterdraad in 'n stroom van droë chloorgas te verhit. Dit vorm kristalle wat donkergroen sien in refleksie en rooi-pêrs in transmissie. Die kristalle smelt teen 306 °C maar verdamp reeds teen laer temperature. Teen 440 °C bestaan die damp uit dimere Fe2Cl6-molekules. Teen hoër temperature (~700 °C) ontbind dit in monomere en in yster(II)chloried en chloorgas.[4]Die stof is korrosief en higroskopies, maar kan watervry gemaak word met tionielchloried of deur destillasie van die aseotroop met benseen. Dit is 'n reagens wat in die organiese chemie gebruik word. Dit is 'n milde oksideermiddel en 'n milde Lewissuur. Die stof vermag koppeling van fenole, dimerisasie van ariellitium en ketoonenolate tot stand te bring. Dit word ook as katalisator in Nazarovsiklisasie en Michaeladdisies gebruik.[5]

Strukture

Die lae se stapeling

Die verbinding kristalliseer in die romboëdriese BiI3-struktuur. (strukturbericht-klassifikasie D05).[3] Die ysteratome is omring deur 'n oktaëder van chlooratome. Die oktaëders deel rande. Chlooratome vorm brûe tussen twee ysteratome soos die suurstofatoom in water. Die oktaëders vorm lae in die a-b-vlak. In die rigting van de c-as is drie lae gestapel.[2]

In die kristalstruktuur van die vaste stof is die trivalente Fe3+ oktaëdries omring deur ses chlooratome. Maar die dimere in die gasfase bestaan uit twee tetraëders wat 'n rand deel. In die vloeistoffase is die omringing ook hoofsaaklik tetraëdries, maar die vloeistof bevat ione wat vir elektriese geleiding sorg. Ramanspektrosopie dui aan dat er waarskynlik 'n ewewig bestaan:[6]

Magnetiese eienskappe

FeCl3 is paramagneties bokant 9K en is antiferromagneties teen 4K met 'n ingewikkelde heliese spinstruktuur. Die heliks draai rond die [1430]-rigting met 'n taamlik ongewone herhaalafstand van 15. Die spinstruktuur verander in 'n aangelegde magneetveld. [7]

Verwysings