Blou mantel, kroon van 12 sterre, swanger vrou, rose, vrou met kind, vrou wat 'n slang vertrap, sekelmaan, vrou geklee in die son, hart deurboor deur swaard, rosekrale
In die Evangelie volgens Matteus 1,23[3] en die Evangelie volgens Lukas 1,27[4] deur die Heilige Gees bevrug is. In die vierde eeu is die geloof in 'n letterlike maagdelike swangerskap van Maria verder uitgebrei om maagdskap ook tydens die geboorte in te sluit. Die Rooms-Katolieke en die Oosters-Ortodokse Kerke het 'n dogma van ewige maagdskap rondom dié teksvers ontwikkel, alhoewel Jesus van Nasaret volgens die Nuwe Testament susters en broers gehad het.
Verskeie gebeurtenisse van haar lewe word tydens Christelike feeste herdenk:
Onbevlekte Ontvangenis van Maria, die onbevlekte ontvangenis van Maria sonder enige erfsonde deur haar ouers; gehou op 8 Desember.
Mariageboorte, die Maagd Maria se geboortedag; gehou op 8 September.
Mariaboodskap, die boodskap dat Maria die moeder van Jesus Christus, die Messias, sal word; gehou op 25 Maart.
Marialigmis, die aanbieding van Jesus by die Joodse Tempel in Jerusalem en sy opname in die Joodse gemeenskap; gehou op 2/15 Februarie.
Mariahemelvaart, die ontslaping en opname van Maria se liggaam en siel in die hemel; gehou op 15 Augustus.