Łódź

Łódź (['wut͡ɕ] , Duits ook Lodz of Lodsch, 1940–1945: Litzmannstadt) is die derde grootste stad van Pole en die administratiewe sentrum van die gelyknamige woiwodskap. Die stad, wat sowat 120 kilometer suidwes van die hoofstad Warskou in die sentrum van die land geleë is, is die setel van 'n universiteit en die Nasionale Filmskool van Pole.

Łódź

KaartWapen
Vlag
 LandVlag van Pole Pole
 Woiwodskap Łódź
 Koördinate51°45′N 19°28′O / 51.750°N 19.467°O / 51.750; 19.467
 Stigting (eerste verwysing)1332
 Stadstatus1423
 Oppervlakte: 
 - Totaal294,4 vk km
 Hoogte bo seevlak162-278 m
 Bevolking: 
 - Totaal (31 Desember 2016)696 503
 - Bevolkingsdigtheid2 503,7/vk km
 - Metropolitaanse gebied1 428 600
 TydsoneMET (UTC +1)
 - SomertydMEST (UTC +2)
 Klimaat 
 - TipeKontinentaal-gematig
 - Gemiddelde jaarlikse temperatuur8,4 °C
 - Gem. temp. Januarie/Julie- °C
 - Gemiddelde jaarlikse neerslae550-600 mm
 Stadspresidentvakant
 Amptelike Webwerfwww.uml.lodz.pl/

Toe die destydse tsaristiese "Kongres-Pole" in 1820 besluit om van Łódź die sentrum van die Poolse tekstielbedryf te maak, was dit nog 'n klein markdorpie. Die stad is volgens die vereistes van die nywerheidsomwenteling aangelê en het vinnig tot 'n trekpleister vir duisende boere uit die omgewing asook beleggers uit Pole en die buiteland ontwikkel. Die opheffing van die doeanegrens tussen Pole en Rusland in 1850 het verdere stukrag aan Łódź se florerende nywerhede gegee. In die tweede helfte van die 19de eeu was Łódź reeds die belangrikste tekstielstad ter wêreld en 'n metropool met 'n kosmopolitiese karakter waarna soms as die "Manchester van Pole" verwys is.

In die eerste helfte van die 20ste eeu het sake vir die tekstielbedryf begin versleg. Tydens die Tweede Wêreldoorlog is Łódź deur Duitse troepe beset en die eerste Joodse ghetto in Pole opgerig. Die sowat 260 000 Joodse bewoners, wat hier aangehou is, was reeds deur uithongering bedreig toe hulle na die verdelgingskampe gedeporteer is.

Vandag is Łódź steeds 'n belangrike nywerheidstad en kulturele metropool met 'n verskeidenheid museums en ander instellings. Łódź tree gereeld as gasheerstad vir kultuurfeeste op.

Eksterne skakels