Al-Mu'minun

(Aangestuur vanaf Al-Mu’minun)


Al-Mu’minûn (Arabies: المؤمنون, "Die Gelowiges") is die 23ste soera, of hoofstuk, van die Koran. Dit bevat 118 ajat, of verse, en is vermoedelik in Mekka aan Mohammed geopenbaar. Die eerste mense wat genoem word, is dié "wat ootmoedig in hulle gebede is".[1]

المؤمنون
  Soera 23 van die Koran  
KlassifikasieMekkaans
In ArabiesAl-Mu’minûn
TransliterasieAl-Moe'minoen
In Afrikaans"Die Gelowiges"
Deel18
Ajat118
Twe verse van die soera "Die Gelowiges" in die Nastaliq-skrif.

Onderwerpe

Dié soera handel oor die basiese aspekte van die geloof, monoteïsme, Risalah (boodskapperskap), opstanding en die oordeel van God. Dit verduidelik dié temas deur aandag te vestig op God se skepping van die mens deur verskillende stadiums in die baarmoeder, Sy skepping van die hemel en aarde, die stuur van reën en groeiende plante, bome en vrugte, en Sy verskaffing van vee met verskeie voordele vir die mens. Deur dit alles word klem gelê op die feit dat die mens sal sterf en op die Oordeelsdag opgewek word.

Die tema van Risalah word beklemtoon met verwysings na die verhale van sommige profete, soos Noag, Hüd, Moses en Jesus. Almal van hulle het dieselfde boodskap van monoteïsme oorgedra, maar is nie geglo nie en is teengestaan deur die mense vir wie hulle gepreek het, maar almal is deur Allah gehelp en gered. 'n Verwysing word ook gemaak na die soortgelyke ongeloof en teenstand deur die Mekkaanse leiers jeens die boodskap wat Mohammed aan hulle oorgedra het. Die soera eindig met nog 'n verwysing na die onafwendbaarheid van die Oordeelsdag en dat die mens nie 'n tweede kans sal kry om na die wêreldse lewe terug te keer en sy foute reg te stel nie.

Verwysings

Skakels

Vorige soera:
Al-Hadj
Die KoranVolgende soera:
An-Nur
Soera Al-Mu'minun

123456789101112131415161718192021222324252627282930313233343536373839404142434445464748495051525354555657585960616263646566676869707172737475767778798081828384858687888990919293949596979899100101102103104105106107108109110111112113114