Armeense Wikipedia

Armeense Wikipedia
Tipe webbladWiki
Taal(e)Armeens
RegistrasieOpsioneel
EienaarWikimedia Stigting
Huidige statusAktief
URLhy.wikipedia.org

Die Armeense Wikipedia is die Armeense uitgawe van Wikipedia, 'n gratis aanlynensiklopedie. Dit het tans ongeveer 307 400 artikels, en is die 38ste grootste Wikipedia.

Ter geleentheid van die XVIIde Spitsberaad van La Francophonie, die Vereniging van Franssprekende Lande, wat in 2018 in Jerewan gehou is, het die Armeense Wikipedia 'n werkswinkel georganiseer
Armeense Wikipediane poseer vir 'n foto tydens die La Francophonie-werkswinkel

Statistiek

Die Wikipedia het tans 1 072 000 bladsye, waarvan 307 362 artikels is. Dit het 142 578 geregistreerde gebruikers, waarvan 697 as aktief gereken word. Hierdie gebruikers het in totaal 9 709 478 wysigings aangebring en 12 101 lêers opgelaai.