Gaan na inhoud

Avia B-534

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Avia B-534
Avia B-534 vegvliegtuig, laat variant
TipeVegvliegtuig
VervaardigerAvia
Ontwerp deurFrantišek Novotný
Nooiensvlug25 Mei 1933
StatusOnttrek
Aantal gebou568

Die Avia B-534 is 'n Tsjeggo-Slowakiese dubbeldekker vegvliegtuig wat in Augustus 1933 sy nooiensvlug voltooi het en 'n gevorderde vliegtuig vir sy tyd was. Dit was goed bewapen, met uitstekende hanteerbaarheid en 'n hoë topsnelheid.

Konstruksiewysig bron

Die vlerke was van staal gemaak wat met materiaal bedek is en die romp uit staalbuise en kliknaels wat met metaalplate of materiaal bedek is. In April 1934 het die vliegtuig die Tseggiese nasionale spoedrekord verbeter tot 365,74 km/h. Die voorste Tseggiese eenhede was met ongeveer 300 van die vliegtuie toegerus wat tydens die Munchenkrisis van September 1938 diens gedoen het. Na die Duitse besetting van Tsjeggo-Slowakye het Slawiese Lugmageenhede teen die Rooi Leër geveg. Die Luftwaffe het ook in 1939 die vliegtuie ondersoek en vir 'n kort tydperk gebruik.

Tegniese besonderhedewysig bron

Besonderhede van die Avia B-534-IV:
ItemStatistiek
Aantal motors1
Tipe motorSkroef
VervaardigerHispano-Suiza HS 12Ydrs inlynmotor
Kraglewering per motor850 perdekrag
Vlerkspan9,4 m
Lengte8,2 m
Hoogte3,1 m
Vlerkoppervlakte23,56 m2
Maksimum opstygmassa2 120 kg
Maksimum snelheid394 km/h
Operasionele hoogte10 600 m
Togafstand580 km
Klimvermoë900 m per minuut
BewapeningVier gesinchroniseerde 7,7 mm masjiengewere
en rakke vir ses 20 kg bomme

Sien ookwysig bron

Bronwysig bron


🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladGeweldVarkgriepAardverwarmingAardbewingTropiese sikloonSpesiaal:Onlangse wysigingsDroogteCarles PuigdemontNelson MandelaMenseregteEkonomiese sektorKarin HougaardErfenisdag (Suid-Afrika)Ekonomie van Suid-AfrikaPinksterPrimêre sektor van die ekonomieApartheidVulkaanSuid-AfrikaBoelieryRobbeneilandAntoniemErfenisTrappe van vergelykingNazi-DuitslandWaarheid-en-versoeningskommissieGevolge van aardverwarming op oseaneSeksPad na jou hartVergelykings (taalkunde)Selfstandige naamwoordNasionale erfenisterreine van Suid-AfrikaHolocaustWaterbesoedelingIntensiewe vormGoudMonopolie