Bariumkarbonaat

chemiese verbinding

Bariumkarbonaat is 'n sout van barium en koolsuur met die formule BaCO3.

Eienskappe

Algemeen

NaamBariumkarbonaat 
IUSTC-naamBariumkarbonaat
Struktuurformule van
Struktuurformule van
Chemiese formuleBaCO3
Molêre massa197,34 [g/mol][1]
CAS-nommer513-77-9[1]  
VoorkomsSwaar, wit vastestof[1]  
ReukReukloos[1]
Fasegedrag  
FaseT <800 °C 
Selkonstantesa=531,3pm b=889.6pm c=642,8pm[2]  
RuimtegroepPmcn (Pnma) [2][3] 
Nommer62  
StrukturberichtG0₂ 
Fase800 °C<T <970 °C 
Selkonstantesa=520,5pm; c=1055pm[4]  
RuimtegroepR3
Nommer167  
FaseT >970 °C 
Selkonstantes696pm[4]  
RuimtegroepFm3m ? 
Nommer225
Smeltpunt1380 °C (ontbind)[1]
Kookpuntgeen (ontbind)[1]
Digtheid4,275 g/cm3[1]
Oplosbaarheidonoplosbaar in water (14 mg/L @20 °C; oplosbaar in meeste sure, behalwe swaelsuur[1] 
Ksp5,1 10-9[5] 
Brekingsindeks1,529; 1,676; 1,677[1]

Suur-basis eienskappe

pKa

Veiligheid

Flitspuntnie-brandbaar[1] 
LD50418 [mg/kg] (rot; oraal) [1]

Tensy anders vermeld is alle data vir standaardtemperatuur en -druk toestande.

 
Portaal Chemie

Dit kom in die natuur as die mineraal witheriet voor. Dit word gebruik in rottegif, bakstene, keramiekglasure en sement.[1]

Kristalstruktuur

Bariumkarbonaat kristalliseer in die ortorombiese aragoniet-struktuur. (G02 in die strukturbericht-klassifikasie).[3] Bariumkarbonaat het twee hoëtemperatuurmodifikasies. Teen 800 °C gaan dit oor in 'n romboëdriese kalsietstruktuur (G01). Die oorgangsentalpie is 18,79 [kJ/mol]. Teen 970 °C word die struktuur kubies (ΔH= 30,54 [kJ/mol]). Hierdie kubiese fase het dalk die RbNO3-I-struktuur. Die posisies van die karbonaatione vertoon wanorde.[4]

Chemiese eienskappe

Bariumkarbonaat kan as neerslag verkry word deur aan 'n oplossing van natriumkarbonaat (soda) 'n oplossing van bariumchloried by te voeg:[6]

Dit is 'n basis wat gebruik kan word om uit oplossings van chloriede van Al3+, Cr3+ of Fe3+ hidroksiede neer te slaan:[6]

Produksie

Bariumkarbonaat is 'n belangrike industriële materiaal. Die konvensionele metode van BaCO3-bereiding is gebaseer op hoë-temperatuur reduksie van bariet (natuurlike bariumsulfaat) met steenkool, wat 'n groot hoeveelheid CO2 vrystel. Onlangse navorsing bied 'n skoner metode vir BaCO3-produksie met metaan as die reduseermiddel, wat die CO2-emissie aansienlik verminder (tot 75%). [7]

Medies

In teenstelling tot die sulfaat is bariumkarbonaat toksies omdat dit in die maagsuur oplos. Toe bariumkarbonaat verkeerdelik as 'n X-straal-kontrasmedium gebruik is, het ses pasiënte 133 gm elk (ongeveer 1900 mg/kg) oorleef, maar nog een is ná slegs 53 gm dood. Die skrywer het vroeëre verslae aangehaal wat aandui dat so min as 4 gm (ongeveer 57 mg/kg) dodelik was.[1]

Verwysings