Belinda (maan)

maan van Uranus

Belinda is ’n binnemaan van Uranus. Dit is op 13 Januarie 1986 ontdek op foto's wat deur Voyager 2 geneem is en het die voorlopige naam S/1986 U 5 gekry.[6] Dit is daarna genoem na Belinda, die heldin in Alexander Pope se The Rape of the Lock. Dit het ook die naam Uranus XIV.[6]

Belinda   

Belinda, soos gesien deur Voyager 2.
Ontdekking
Ontdek deur Stephen P. Synnott / Voyager 2
Datum 13 Januarie 1986
Kleinplaneet-benamingUranus XIV
Wentelbaaneienskappe
Wentelbaanradius 75 255,613 ± 0,057 km[1]
Wentelperiode 0,623527470 ± 0,000000017 d[1]
Baanhelling 0,03063 ± 0,028° (tot Uranus se wentelbaan)[1]
Satelliet van Uranus
Fisiese eienskappe
Afmetings 128 × 64 × 64 km[2]
Gem. radius 40,3 ± 8 km[2][3][4]
Oppervlakte ~25 000 km² [nota 1]
Volume ~380 000 km³ [nota 1]
Massa ~3,6×1017 kg[nota 1]
Gem. digtheid ~1,3 g/cm³ (veronderstel)[3]
Oppervlak-
aantrekkingskrag
~0,014 m/s²[nota 1]
Ontsnapping-
snelheid
~0,034 km/s[nota 1]
Rotasieperiode Sinchronies[2]
Ashelling 0[2]
0,08 ± 0,01[5]
Temperatuur ~64 K[nota 1]

Belinda behoort tot die Portiagroep satelliete, wat ook Bianca, Desdemona, Cressida, Juliet, Rosalind, Kupido, Perdita en Portia insluit.[2] Dié mane het soortgelyke wentelbane en fotometriese eienskappe.[2] Buiten sy wentelbaan,[1] radius van 45 km[2] en geometriese albedo van 0,08[2] is feitlik niks oor Belinda bekend nie.

Op die Voyager 2-foto's lyk Belinda soos ’n baie langwerpige voorwerp, waarvan die lengteas na Uranus wys. Die verhouding van die asse is 0,5 ± 0,1.[2] Die oppervlak het ’n grys kleur.[2] Belinda se wentelbaan verskil met met 863 km van dié van die kleiner Kupido.

Belinda kan binne die volgende 10 miljoen tot 1 miljard jaar teen Kupido bots.[7]

Sien ook

Notas

Verwysings

Bronne

Skakels