Bislama
Kreoolse taal van vanatau
Bislama ([bislaˈma]), ook Bichelamar, Bêche-de-mer of Beach-la-Mar genoem, is 'n Kreooltaal wat saam met Engels en Frans die amptelike tale van die eilandnasie Vanuatu vorm. Dit is 'n vereenvoudigde weergawe van die Indo-Europese taal Engels, maar het ook baie leenwoorde van Frans en Melanesiese tale oorgeneem. Die teks van Vanuatu se volkslied, Yumi, Yumi, Yumi, is in Bislama.
Bislama | ||
---|---|---|
Uitspraak: | [bislaˈma] | |
Gepraat in: | Vanuatu Nieu-Kaledonië | |
Gebied: | Melanesië | |
Totale sprekers: | 10 000 (moedertaal) 200 000 (tweede taal)[1] | |
Taalfamilie: | Kreools Bislama | |
Skrifstelsel: | Latynse alfabet | |
Amptelike status | ||
Amptelike taal in: | Vanuatu | |
Gereguleer deur: | geen | |
Taalkodes | ||
ISO 639-1: | bi | |
ISO 639-2: | bis | |
ISO 639-3: | bis | |
Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat. |
Bislama het sowat 10 000 moedertaalsprekers, terwyl 200 000 mense dit as 'n tweede taal praat. Bislama is die mees verspreide taal van Vanuatu en dien as 'n lingua franca. Dit is verwant aan Tok Pisin, een van die drie amptelike tale van Papoea-Nieu-Guinee. Daarbenewens word Bislama in die aangrensende Franse oorsese gebied Nieu-Kaledonië gepraat.
Verwysings
Eksterne skakels
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Bislama.
- Wikiwoordeboek het 'n inskrywing vir bislama.
🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladPornhubMediese diagnoseAardverwarmingSpesiaal:Onlangse wysigingsTrappe van vergelykingAntoniemSuid-AfrikaApartheidNazi-DuitslandTropiese sikloonCarles PuigdemontErfenisdag (Suid-Afrika)AardbewingGeweldVergelykings (taalkunde)Intensiewe vormGetalMieliestronkDroogteNelson MandelaErfenisAfkortingBoelierySwangerskapNasionale erfenisterreine van Suid-AfrikaLionel PetersonMenseregteVoornaamwoordHolocaustBynierWaarheid-en-versoeningskommissieSelfstandige naamwoordMarie AntoinetteByvoeglike naamwoordWikipediaRobbeneilandWikipedia:Gebruikersportaal