Boulton Paul Defiant

Die Boulton Paul Defiant was 'n tweesitplek, eenmotorige, vegvliegtuig wat die Britse Lugmag gebruik het tydens die Tweede Wêreldoorlog. Dit was die eerste vegvliegtuig wat met vier masjiengewere toegerus was waaroor die Britse Lugmag beskik het. Die vliegtuig se masjiengewere was egter almal in 'n skiettoring agter die stuurkajuit en het agtertoe gewys, die vliegtuig het oor geen masjiengewere beskik wat vorentoe wys nie.

Boulton Paul Defiant
Boulton Paul Defiant Mk I
TipeVegvliegtuig, nagvegter
VervaardigerBoulton Paul Aircraft
Ontwerp deurJohn Dudley North
Nooiensvlug11 Augustus 1937
StatusUit diens gestel
HoofgebruikersBritse Lugmag
Koninklike Kanadese Lugmag

Koninklike Australiese Lugmag
Poolse Lugmag

Aantal gebou1,064

Operasionele geskiedenis

Die vliegtuig was op 12 Mei 1940 vir die eerste keer in aksie betrokke en het teen die einde van die maand reeds 65 vyandelike vliegtuie afgeskiet. Die sukses was grootliks as gevolg van die vuurkrag wat gerig kon word op enige vliegtuig wat die vliegtuig van agter af aanval. Maar die vyandelike vliegtuie het gou besef dat die Boulton Paul Defiant magteloos was indien dit van voor af aangeval word en verliese van die vliegtuig het gestyg. Hulle word onttrek in Augustus 1940. Hierna word hulle toegerus om as nagvegters diens te doen en word toegerus met die geheime Airborne Interception radar. Gedurende die winter van 1940/1 het die Defiant meer sukses per onderskepping poging gehad as enige ander Britse vliegtuig. Daar was uiteindelik 13 Eskaders wat toegerus was met die vliegtuig en hulle het 'n groot rol gespeel in die verdediging van die lugruim bo Groot-Brittanje.

Tegniese besonderhede

Besonderhede van die Boulton Paul Defiant Mk II:
ItemStatistiek
Aantal motore1
Tipe motorSkroef
VervaardigerRolls-Royce Merlin XX suierenjin
Kraglewering per motor1 280 perdekrag
Vlerkspan11,99 m
Lengte10,77 m
Hoogte3,45 m
Vlerkoppervlakte23,23 m2
Maks. opstygmassa3 821 kg
Maks. snelheid504 km/h
Operasionele hoogte9 250 m
Togafstand748 km
Klimvermoë580 m per minuut
BewapeningVier 7.7 mm masjiengewere in skiettoring agter kajuit

Sien ook

Bron