Cannes-rolprentfees 1982

Die 35ste jaarlikse Cannes-rolprentfees is van 14-26 Mei 1982 gehou. Die Italiaanse regisseur Giorgio Strehler was die voorsitter van die jurie. Altesaam 46 rolprente en kortfilms het om pryse meegeding.

  Cannes-rolprentfees 1982 

Datum14-26 Mei 1982
PlekCannes, Frankryk
Getal prente 22 (In Kompetisie)
16 (Un Certain Regard)
8 (Kortprente)
Webtuiste Cannes-rolprentfees
Belangrike prente 
Openingsfliek Intolerance
Afsluitingsfliek E.T. the Extra-Terrestrial
Palme d'Or Missing

Die Amerikaanse rolprent Missing van die regisseur Costa Gavras en die Turkse The Way (Yol) van Şerif Gören en Yılmaz Güney het saam die Palme d'Or gewen.[1][2] Die fees is geopen met D.W. Griffith se Intolerance en afgesluit met E.T. the Extra-Terrestrial van Steven Spielberg.[3][4][5]

Belangrikste fliekpryse

Costa Gavras (medewenner van die Palme d'Or).
Jack Lemmon (beste akteur).
PrysRolprentRegisseurLand
Palme d'OrMissing
My Way (Yol)
Costa Gavras
Şerif Gören, Yılmaz Güney
Amerika
Turkye
Grand PrixThe Night of the Shooting Stars (La Notte di San Lorenzo)Paolo en Vittorio TavianiItalië
JurieprysMeowMarcos MagalhãesBrasilië
Caméra d'OrHalf a LifeRomain GoupilFrankryk
Kortfilm-Palme d'OrMerlin ou le cours de l'orArthur JofféFrankryk

Ander pryse

PrysWennerRolprentLand
Beste regisseurWerner HerzogFitzcarraldoWes-Duitsland
Beste draaiboekJerzy SkolimowskiMoonlightingBrittanje
Beste kunsbydraeBruno NuyttenInvitation au voyageFrankryk
Beste akteurJack LemmonMissingAmerika
Beste aktriseJadwiga Jankowska-CieślakAnother Way (Egymásra nézve)Hongarye
Tegniese Grand PrixRaoul CoutardPassionFrankryk

Verwysings

Eksterne skakels